Maroela Media se 10 gewildste Taaltoffies vir 2023

Hierdie 10 artikels is in 2023 die meeste gelees op Maroela Media se Toetentaal-afdeling.

  1. Plaasmeisie (16) is beste kinderboekillustreerder

Wat is ʼn kinderboek sonder illustrasies? ʼn Boek se omslag en die kleurryke tekeninge binne is wat ʼn mens twee keer laat kyk.

(Foto: Verskaf)

  1. Gedig: enige ondernemer wat sy sout werd is, weet

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek.

begrafnis-dood-doodskis

Foto: Carolynabooth/Pixabay.com

  1. Geliefde Babalela-skrywer sterf

Martie Preller, skrywer van die gewilde Babalela-kinderboeke, is in die ouderdom van 74 dood.

Martie Preller, skrywer van die gewilde Babalela-kinderboeke, is in die ouderdom van 74 dood. (Foto: Martie Preller/Twitter)

  1. Boek-uittreksel: Wonderkind wat soos ʼn engel sing

Hier volg die kortverhaal, “Ek mis hom”, uit Amore Bekker se boek, Ek het ʼn Engel gesien.

  1. Skrywer van Hougaard-boek het nog hoop vir Derick

Derick Hougaard, eens bekend as die Liefling van Loftus, het beslis nie vrede gemaak met die einde van sy rugbyloopbaan nie, sê Brenden Nel, skrywer van ʼn boek oor die eertydse rugbyheld.

(Foto: Verskaf)

  1. Luister: ‘Binnelanders’-akteur vertel oor genesing na sy ma se dood

David Viviers, wat tans die rol van dr. Liam Vorster in Binnelanders speel, sê hy het halfpad deur die skryf van sy debuutroman besef hy is eintlik nog besig om die verlies van sy ma se dood te verwerk.

David Viviers se debuutroman, ‘Mirage’, het vroeër vanjaar verskyn. (Foto: Verskaf)

  1. Taalgebruik: sneeu, kapok

Die verskil in betekenis tussen sneeu en kapok, het gebruikers van Afrikaans die afgelope week op verskeie sosialemediaplatforms aan die praat gehad. ʼn Paar lesers het ook by Maroela Media aangeklop en gevra om ondersoek in te stel.

Foto: https://pixabay.com

  1. Kobus Olivier vlug met honde, Hauser se musiek uit Oekraïne

Die aangrypende verhaal van Kobus Olivier se vlugtog uit Kiëf in die Oekraïne tot in Zagreb, Kroasië, waar hy deesdae woon, word vertel in die boek wat Kobus saam met die joernalis Hilda van Dyk geskryf het.

Die boek wat Kobus oor sy ervaring geskryf het. (Foto: NB Uitgewers)

  1. RSG se Amore groet ná 20 jaar

Amore Bekker, een van RSG se gewildste en bekroonde radio-omroepers, gaan na sowat twee dekades ʼn nuwe koers, weg van die radiomikrofoon af, inslaan.

RSG se Amore Bekker. (Foto: Verskaf)

  1. Geheime trappie by Senotaaf van monument onthul

’n Ou verslag van ’n destydse opsigter, iets wat deur die gewone oog as rommelpapier beskou sou kon word, het tot die ontdekking van ’n geheime kamertjie onder die senotaaf in die Voortrekkermonument gelei.

Die senotaaftrappie word oopgeskuif. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.