Feeste, skoue, musiekvertonings, komedie en teaterstukke te kies en te keur. Charlie Smidt van die FAK is terug op die lug en vertel jou wat in die volgende sewe dae op die kultuurfront oor die hele Suid-Afrika gaan gebeur.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Luister: Anthonie Bougas woeker met sy talente
Suid-Afrika het vir die eerste keer in 2007 met Anthonie Bougas kennis gemaak toe hy aan Supersterre deelgeneem het. Deesdae sien ons Anthonie as aanbieder van verskillende programme soos Kleuterzone, Sing in Harmonie en Solis vir Christus. Hy het al selfs ’n draai in die sepie Villa Rosa gemaak.
ToekomsVenster: Jy kan jouself nie verander nie
Dit is dan wanneer jy jouself terugwerp op God en die gemeenskap wat tussen Vader, Seun en Gees bestaan; die gemeenskap waarvoor God jou aanvanklik geskep het.
Luister: Nagligte, ʼn splinternuwe Afrikaanse groep op die musiekhorison
Nagligte het ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak en met Esté Meyer Jansen oor die boodskap van hul musiek gesels.
ToekomsVenster: Die “stryd” hou nie op nie
Die Gees is immer nie ‘n vloeistof wat jou kan vul soos water ‘n bottel vul nie. Nee, Hy is ‘n Persoon met wie jy in ‘n verhouding staan; Iemand, God self, aan wie jy beheer kan oorgee in hierdie verhouding. Wanneer jy dit doen, verander Hy ook mettertyd jou waardes en gedrag.
Luister: Die Campbells vier 16 jaar in bedryf met hul soort country-musiek
Harry en Tony Campbell deel vanjaar van hul gunsteling-country-treffers met musiekliefhebbers op hul jongste album, Homegrown Country. Die dubbelalbum bestaan uit 32 snitte wat ou en nuwe country-liedjies bevat.
ToekomsVenster: Is alles regtig nuut?
Die waarheid wat Paulus hier beklemtoon, is dat Christus jou reeds nuut gemaak het. Jy het ‘n nuwe identiteit ontvang. Waar jy vroeër ver van God was, is jy nou een met Christus Jesus (Ef 2:12-13).
Luister: Boere in Nood-projek gryp tydens droogte in
NC Schoombee, ʼn 27-jarige man van die Bethlehem in die Vrystaat, het onlangs ʼn Facebook-groep begin om boere te help wat gebuk gaan onder die droogte wat tans in Suid-Afrika heers.
Video: Carla Oberholzer skryf liedjie vir boere oor droogte
Carla Oberholzer het nou ʼn liedjie geskryf en opgeneem wat sy opdra aan boere wat gebuk gaan onder die droogte.
Luister: Lochner de Kock kuier saam met Jannie du Toit
Die sanger en stemkunstenaar, Lochner de Kock, gesels nou met Jannie du Toit oor sy jongste album Die eggo van jou oë.
ToekomsVenster: Visie laat jou toe om jouself te wees
As jy weet wat om te doen weet jy dus ook waarvoor om “nee” te sê. Jy kan dan daarop fokus om die dinge te doen waarvoor God jou in die wêreld ingebring het. Omdat jy fokus, kan jou bydrae ook ‘n groter verskil in die koninkryk maak.
Luister: Vrystaatse pluimveekenner praat oor kuikens en eiers
Ben Janse van Rensburg van die Vrystaatse pluimveeklub gesels met Esté Meyer Jansen oor eiers en hoe om dit te berg. Ben verduidelik ook waarom dit dalk nié ʼn goeie idee is om ʼn kuiken te help uitbroei nie.
Luister: Lize Jacobs se debuutroman is ʼn avontuur van selfontdekking
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om met Lize Jacobs te gesels voor die bekendstelling van haar boek ‘Lost in Chance’ en meer uit te vind oor dié nuwe skrywer se skryfproses.
Luister: Talle drome word waar vir sanger Riaan Grobler
Riaan Grobler werk nou al reeds drie jaar aan sy jongste album, Dis die liefde, wat in Oktober bekendgestel is. Nie net het hy die geleentheid gehad om saam met vier van sy gunsteling-sangeresse duette te sing op hierdie album nie, maar hy is ook deesdae te sien as ʼn aanbieder en vervaardiger van kykNET se ontbytprogram, Die groot ontbyt.
ToekomsVenster: Visie skakel alle mededinging uit
Op hierdie pad wat hy nou geloop het, was daar geen mededinging meer nie, niemand wat ‘n bedreiging ingehou het vir die doelwitte wat hy wou bereik nie. Daar was wel teenstand, maar nie mededinging nie.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 30 November tot 7 Desember 2015
Vind uit wat hierdie week op die kultuurfront in jou kontrei gebeur.
Luister: Tobi Jooste praat oor jongste album en boek
Maroela Media het die geleentheid gehad om met Tobi Jooste te gesels oor sy jongste album, “ʼn Man se hart”, en sy boek, “Daar is ʼn Eiffeltoring in sy boedel”, wat in ʼn stadium die vierde beste Afrikaanse verkoper was.
Luister: Dr. Kobus Neethling praat oor kreatiwiteit en breinprofiele
Al ooit gewonder wat is jou voorkeur kwadrant van jou breinprofiel en hoe dit jou kreatiwiteit beïnvloed? Het jy al soms gewonder of almal kreatief kan wees en wat jy kan doen om selfs meer kreatief te word.
Luister: MonArk sluit 2015 op ʼn hoë noot af
Eugene Coetzer, hoofsanger van MonArk, en Deon de Klerk, baskitaarspeler, het met Esté Meyer Jansen gesels oor die nuwe album, hulle besonderse musiekvideo’s en die groep se planne vir Desember.
ToekomsVenster: Dissipels is toeskouers van dit wat Jesus doen
In die proses glo ek het baie in hulle hart gebeur, baie van hulle sienings en insigte het verander en het hulle ook “gesonder” mense geword – ek bedoel gesond in hulle mens-wees, nie noodwendig fisiek nie.