Begrond is ‘n verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan en rondom ‘n ou stinkhouttafel op ‘n plaas se stoep.
Alles deur die skrywer Esté Meyer Jansen
Luister: Maak die beste boeretroos tuis
Lani Snyman van Ciro gee vandag ʼn paar wenke oor hoe om die beste koppie koffie by die huis te maak en hoe om jou koffie te bêre.
ToekomsVenster: Die sterrekykers en die skaapwagters
Arm én ryk, vernaam én gewoon word getuies van hierdie buitengewone gebeurtenis.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Karel Kielblock
In vandag se gesprek oor Afrikaanse boeke wat jy moet lees, verduidelik Hans du Plessis vir Theresa Papenfus waarom Karel Kielblock ook by hierdie lys ingesluit is.
Luister: Kerstyd is ʼn tyd van dankbaarheid vir Amor Vittone
Amor Vittone vertel hoe sy vir Kersvader een jaar betrap het.
Begrond: Deel 11
‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.
Luister: Dit is hoe baristas dit doen
In vandag se aflewering van ons gespreksreeks oor koffie, vertel Lani Snyman van Ciro ons alles van baristas en die opleiding waardeur hierdie kenners moet gaan om vir jou ʼn uitstekende koppie boeretroos voor te sit.
ToekomsVenster: Herodus en Augustus
Herodus en Augustus word albei sonder hul medewete en instemming instrumenteel om Ou-Testamentiese profesieë waar te laat word.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Fees van die Ongenooides
Theresa Papenfus en Hans du Plessis gesels in vandag se aflewering van Afrikaanse boeke wat jy moet lees oor dié roman uit die pen van die skrywer PG du Plessis.
Luister: Die Campbells vertel wat is in hulle Kerskouse
Harry en Tony van die country-musiekgroep Die Campbells het elkeen iets spesifieks wat hulle in die Kerskous wil hê.
Begrond: Deel 10
Kom luister nou saam na deel tien van die boek ‘Begrond’.
Luister: Kompetisies vir baristas
Lani Snyman, van Ciro, vertel ons vandag meer van die wêreld se koffieverenigings en die kompetisies waaraan baristas kan deelneem.
ToekomsVenster: Josef, Jesus se pa
Josef is self ʼn godvresende man, maar word met ʼn baie moeilike situasie gekonfronteer. Sy verloofde het hom intens teleurgestel en sy vertroue geskaad. Hy neem hom voor om in die geheim van haar te skei. Dis opmerklik dat Josef hierdie liefde van sy lewe nie in die openbaar verneder nie.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Ampie
Theresa Papenfus en Hans du Plessis bespreek Jochem van Bruggen se boek, Ampie.
Luister: Anton Myburgh onthou sy ouma dié Kerstyd
Anton Myburgh onthou ʼn paar mooi staaltjies van sy ouma en Kerstyd. Hy vra ook dat Suid-Afrikaners versigtig op die paaie moet wees hierdie Kersfees.
Begrond: Deel 9
Luister nou saam na die voorlesing van deel nege uit die boek ‘Begrond’.
Luister: Opleiding in die wêreld van koffie
Susan Lombaard het in 2013 met Lani Snyman van Ciro oor ʼn koppie boeretroos gepraat in Maroela Media se ateljee. Ons deel graag weer die gesprekreeks met jou.
ToekomsVenster: Maria, Jesus se ma
Uiteraard was dit baie riskant vir Maria om buite die eg swanger te wees. Sy kan met haar lewe daarvoor boet, asook deur haar verloofde, haar gesin en die samelewing verwerp word. Desnieteenstaande, in ʼn stap van ongekende geloofsvertroue, verklaar sy haar beskikbaar vir wat die Here ook al met haar in gedagte het.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Sirkusboere
Theresa Papenfus en Hans du Plessis bespreek Sonja Loots se boek, Sirkusboere.
Begrond: Deel 8
Luister nou saam na die volgende voorlesing uit die boek ‘Begrond’.”Ek besef, as jy twyfel oor die toekoms – bou dit. As jy iets wil nalaat – plant dit. Hierdie is die begin van my storie. Ek is Faan Venter van Staan Op! se grond – in Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond.”