Die All Blacks het vanaand hul Rugbykampioenskaptitel suksesvol verdedig met ’n 38-27 sege oor die Springbokke op Ellispark in Johannesburg.
Alles deur die skrywer Eugene Brink
Poemas jag eerste sege in Rosario
In die harwar van al die emosie rondom en afwagting vir die stryd tussen die All Blacks en die Springbokke is dit makilik om van die houtlepelstryd tussen die Wallabies en Poemas te vergeet.
Bokke moet wraak los en klinies speel
Daar moet nie ‘n sweempie wraak wees wanneer die Springbokke die All Blacks aanvat Saterdag op Ellispark nie. Die Bokke moet klinies wees.
All Blacks kry bonuspunt-sege
Die All Blacks het vier drieë teen die Poemas gedruk vir ‘n bonuspunt en daarmee ‘n uiters moeilike taak vir die Bokke volgende naweek op Ellispark geskep.
Springbokke oorrompel die Aussies
Die Springbokke het die Aussies op Nuweland oorrompel met pragspel en driekeer oor die doellyn gaan kuier.
Poemas wil die All Blacks klop
Nes die Springbokke keer die Argetynse Poemas hierdie naweek terug na hul tuisveld ná ’n toer na Australasië, maar anders as die Suid-Afrikaners staar hulle ’n feitlik onoorkomelike uitdaging in die gesig: Om die All Blacks te klop.
Bokke tuis,maar dis maak- of- breek
Die Springbokke is terug in Suid-Afrika ná drie wegwedstryde, maar in die pylvak van die Rugbykampioenskap is dit allermins die tyd vir oorgerus raak oor hierdie tuisveldvoordeel want ’n reusetaak wag op hulle in die volgende twee weke.
Wallabies wen in Perth
Australië het sy eerste oorwinning in vanjaar se Rugbykampioenskap behaal toe hy Argentinië in Perth met 14-13 geklop het.
Dapper Bokke verloor in Nieu Seeland
Die Springbokke en hul ondersteuners sal steeds rooi sien ná vandag se 15-29 nederlaag teen die All Blacks op Eden Park in Auckland.
Word SA ’n mislukte staat?
Eugene Brink ontleed Suid-Afrika se staatsverswakking aan die hand van ‘n internasionale maatstaf.
Wallabies en Poemas speel slegs vir eer
Terwyl die Springbokke en die All Blacks dit sal uitspook op Eden Park, speel die Wallabies en die Poemas vir eer.
Nou vir die grote , Bokke!
Die Bokke kom eerskomende Saterdag teen waarskynlik hul grootste uitdaging van die jaar te staan: Die All Blacks in Auckland.
All Blacks klop moedige Poemas
Die All Blacks het ’n begeesterde Argentinië met 28-13 in hul Rugbykampioenskap kragmeting in Hamilton geklop.
All Blacks gaan geen kanse waag teen die Poemas nie
Die Bokke staar ’n baie moeilike toets in Brisbane in die gesig, maar die Poemas staan voor ’n haas onbegonne taak in Hamilton
Springbokke: Brisbane is Bokke se eerste ware toets in 2013
Die Springbokke kry Saterdag hul eerste werklike uitdaging met ‘n gekweste Wallaby wat vir hulle wag in Brisbane.
Bokke is bo, maar hef aan lê voor
Dit gaan ’n steil berg wees, maar die Bokke kan vriend en vyand verras met ’n sege Doer Onder. ‘n Feit staan egter vas: Daar is net een pad vir beide hierdie spanne ná laas naweek se vertonings, en dis boontoe.
Springbokke wen met ‘n geploeter
Morné Steyn se akkurate skopvoet was feitlik al wat tussen die Poemas en ’n historiese eerste oorwinning oor Suid-Afrika gestaan het.
All Blacks wen ‘n taai stryd teen die Wallabies
Die All Blacks het vandag die Bledisloebeker behou toe hulle die Wallabies in Wellington met 27-16 geklop het. Die rustydtelling was 15-6 in die guns van die Nieu-Seelanders.
Castle Lager Rugbykampioenskap: Wonde sal allig nie uitslae verander
Môre se wedstryde sal waarskynlik dieselfde wenners en verloorders in die Rugbykampioenskap as laas naweek oplewer, maar die telbord sal waarskynlik nie dieselfde lyk nie.
Bravo, Bokke, bravo!
Die Springbokke het die Argentynse Pumas vanaand in Soweto verneder in in hul eerste Rugbykampioenskap-kragmeting.