Saam met ander belangrike wetgewende en beleidskwessies moet die sekerheid en hervorming van die verkiesingstelsel in die toekoms deegliker onder die loep kom.
Alles deur die skrywer Eugene Brink
Covid-19: Staatsoptrede maak nie sin, maar beskerm jouself
Daar is soveel wat verregaande en onbekend is omtrent Covid-19 en die gepaardgaande inperking dat dit my verbaas hoe baie mense steeds probeer sin soek in wat die regering doen, skryf Eugene Brink.
Covid-19: Daar ís silwer randjies
Tussendeur al die donker wolke is daar darem ’n paar silwer randjies ook.
Kommunistiese China het genies en nou is ons almal siek
Covid-19 het gewys hoe magtig China geword het, maar dit het gelyktydig ook getoon watter bedreiging sy politieke stelsel is.
Ek wens Donald Trump was my president
Die mense wat Trump as ’n diktator uitbeeld, het klaarblyklik geen benul wat ’n diktatuur behels nie.
’n Volk red homself
Terwyl pres. Cyril Ramaphosa nóg ’n onbesielende staatsrede vol gemeenplase en niksseggende maatreëls vir swart armoede gelewer het, en die staat as oplossing vir werkloosheid en armoede voorgehou het, het ek begin nadink oor wat Afrikaners en hul politieke en sakeleiers in die 20ste eeu gesê en gedoen het.
Korrupsie-bestryding is ’n voorwaarde vir sukses
Daar is ’n rede hoekom kleptokrasieë in Afrika se mense so arm en siek is, en Westerse lande se bevolkings langer en beter lewens geniet.
Ondersoek na privaat gesondheidsorg ’n slinkse set vir staatsinmenging
Daar hang so baie vraagtekens oor die Mededingingskommissie se twyfelagtige en belaglik duur ondersoek na die privaat gesondheidsorgmark dat dit moeilik is om te weet waar om te begin om dit te ontleed en te kritiseer.
Ekonomiese adviseurs is rubberstempel op ANC-beleid
Kortom, hierdie paneel gaan binne die perke van die politiek moet beweeg en in wese bloot ’n rubberstempel op ANC-beleide moet wees. Enige afwykende sieninge sal nie geduld word nie – soos Mboweni nou met sy plan ook agterkom.
Dis waarskynlik Donald Trump teen Liz Warren in 2020
Die Amerikaanse presidentsverkiesing is nog meer as ’n jaar weg, maar baie gaan nog in daardie jaar gebeur en die stryd in die Demokratiese Party is reeds vuurwarm. Pres. Donald Trump dryf ook reeds sy herverkiesing met oorgawe.
Geweld en witskape: Ramaphosa is ’n flou makou
Ramaphosa se stilte is problematies en om vir Magashule privaat en later aan te spreek (wat waarskynlik nie gebeur nie), is hopeloos onvoldoende. Hy is ’n flou makou totdat die teendeel bewys word.
Die NGV en die verhaal van twee hospitale
Hierdie hospitale – die een privaat en die ander ʼn staatshospitaal – is naby mekaar geleë, en tog kon my belewenis van albei nouliks meer uiteenlopend wees. As ek by Charles Dickens kan leen, dit was “ ’n verhaal van twee hospitale”.
Swart en wit rassisme vandag
Dit is egter nodig dat ons ’n eerlike gesprek moet voer oor rassisme en wat dit in hierdie land behels, want in hierdie stadium is dié debat en verskynsel ontsaglik eensydig en dubbele standaarde gedy. Dit is, helaas, al vir ’n wyle die geval.
’n Vae bedrag vir die NGV, maar wat is die werklike koste?
Einde ten laaste is daar darem nou ’n newelagtige syfer aan die NGV geheg, maar die koste van versnelde emigrasie van gesondheidsberoepslui en belastingbetalers, verhoogde belasting, ’n genasionaliseerde privaat gesondheidsorgsektor en verdere regeringsonbevoegdheid moet nog bereken word.
Munisipaliteite: Gemeenskappe moet herbou wat ANC verwoes
Die jongste treurmare is dat slegs 18 munisipaliteite (8%) van die 257 munisipaliteite wat deur Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), vir die 2017/18-boekjaar geoudit is, skoon oudits ontvang het. Hoekom moet dit ons woedend maak, én wat kan ons doen? Dr. Eugene Brink neem die kwessie onder die loep.
Die pyn van resessies, ’n goeie skoot werklikheid en ’n boodskap van hoop
Die internasionale graderingsagentskap Moody’s het in hul onlangse Global Macro Outlook-verslag ronduit verklaar dat Suid-Afrika se kanse hoog is om in ’n tegniese resessie te verval.
Is die EFF se einde in sig?
Een van die dinge wat ek hierdie jaar geleer het, is dat die EFF probeer om soos boelies op te tree terwyl hulle eintlik net blaf eerder as byt.
Die ANC se grootste mislukking
Sonder behoorlike onderwys gaan regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) net op verdere mislukking en skade uitloop. Die gebrek aan menslike kapitaal is die ANC se grootste mislukking ná ’n kwarteeu in regering.
Grondwetlik al dan nie, regstellende aksie moet val
Die SA Menseregtekommissie (MRK) se publisering van sy jongste verslag oor gelykheid en regstellende aksie asook die voorlegging daarvan in die parlement het effens weggeraak tussen al die geroesemoes van, onder meer, onteiening sonder vergoeding en die velerlei ander politieke kwessies vanjaar, skryf Eugene Brink.
Cosatu is aan’t verdwyn – en dit moet nie gekeer word nie
Tesame met die rol wat outomatisering, kennis en tegnologie in vandag se wêreld van werk speel, raak Cosatu en sy samestellende vakbonde ’n anachronisme wat moeilik hul eie agteruitgang gestop gaan kry. En ek dink nie dit moet stopgesit word nie.