Dis net die Springbokke wat tussen die All Blacks en nog ’n Rugbykampioenskap-titel staan nadat die Nieu-Seelanders Australië in Sydney geklop het.
Alles deur die skrywer Eugene Brink
Eerste Liga: Swak skopwerk kos verloorders
Die Curriebeker se Eerste Liga het Vrydagaand lekker opwinding opgelewer met die voorlopers, die Steval Pumas, wat amper teen ’n vasberade OP Kings-span vasgeval het.
Curriebeker se Eersteliga vol drieë; Pumas bly gunsteling
Die Pumas het hierdie naweek meer daglig tussen hulle en die res van die spanne in die Curriebeker se Eersteliga geplaas terwyl die SWD Arende, OP Kings en Boland Kavaliers ook oorwinnings geproe het.
Griekwas klop Haaie in Durban
Die Griekwas het vroeg reeds hul stempel in vanjaar se Curriebeker Premierliga afgedruk toe hulle die Haaie in Durban net-net met 32-30 geklop het.
Arende wen riller in Potch
Die SWD Arende het Vrydagaand die tweede plek in die Curriebeker se Eersteliga ingeneem met ’n naelskraapse oorwinning van 50-47 oor die Luiperds in Potchefstroom.
Koebaai Super15, hallo Curriebeker!
Suid-Afrika se pyn en verspeelde kanse in die Super 15 is nou al vergete soos wat die 124-jarige Curriebeker hierdie naweek volwaardige momentum met die aanvang van die premierafdeling kry.
Lions kry plek in 2014 se Super15
Die Lions het vanaand hul plek in 2014 se Super15 bespreek ondanks ’n nederlaag teen die Southern Kings.
Chiefs is weer Super15-kampioene
Die Nieu-Seelandse Chiefs het Saterdag hul Super15 suksesvol verdedig.
Die naweek se rugbynuus in ’n neutedop
Wat kan mens nou sê ná ‘n rugbynaweek soos die een wat verby is?
Brumbies klop Bulls met laat drie
Die Bulls se droomseisoen het skielik tot ’n einde gekom toe hulle in die halfeindronde van die Super15 teen die Brumbies op Loftus versfeld vasgeval het.
Chiefs kry tuisfinaal ná naelbytsege
Die Chiefs sal hul titel as Super15-kampioene volgende week op hul tuisveld in Hamilton verdedig nadat hulle die Crusaders in die eerste helfeindronde geklop het.
Super15: ’n Naweek van trane, ekstase en opwinding wat wag!
Hierdie naweek is waarvoor rugbyliefhebbers (en veral Bulls-ondersteuners) die heel jaar al wag.
Hartbreek-nederlaag vir Cheetahs in Canberra
Die Vrystaatse vlaktes sal weerklink van die Blikore se geweeklaag nadat die Cheetahs op dramatiese wyse teen die Brumbies in die uitspeelrondes in Canberra verloor het.
Nederlaag dalk bedekte seën vir Bulls
Vanaand se nederlaag teen die Stormers kan straks ’n bedekte seën vir die Bulls wees in vanjaar se veldtog om weer die Super15-kampioene te word.
Sharks draf Kings kaf
Die Sharks het Saterdagaand die Southern Kings in beide spanne se laaste Super15-kragmeting van 2013 met 58-13 in Durban verneder. Die halftydtelling was 26-13.
WP is Cravenweek-kampioene
Die Westelike Provinsie is die welverdiende Cravenweek-kampioene nadat hulle die Leeus oortuigend met 45-29 geklop het in die eindstryd in Polokwane.
Murray maak geskiedenis by Wimbledon
Die Skot Andrew Murray het vandag sy naam in die geskiedenis gegraveer toe hy die eerste Britse tennisspeler in 77 jaar geword het wat Wimbledon gewen het.
Bulls eis top-posisie in Super15 op
Die Bulls het ’n naelbytsege oor die Sharks behaal toe hulle die Durbaniete op Loftus Versfeld met 20-19 getroef het.
Stormers klop Kings op Nuweland
Die Stormers het die Kings in Port Elizabeth met 24-12 gewen in ‘n saai wedstryd wat geen betekenis in hierdie jaar se Super15 het nie.
Cheetahs die eerste keer in die uitspeelrondes
Die Cheetahs het hul plek in die uitspeelrondes bespreek deur die Nieu-Seelandse Blues met 34-13 in Bloemfontein uit te stof.