Van sewende na derde plek op Wêreldrugby se ranglys!
Net Samoa tussen ‘SA’ Duitsers en Wêreldbeker
Nou staan net Samoa (en dalk die Duitse Rugbyunie) tussen Duitsland, met sy talle spelers uit Suid-Afrika, en deelname aan die toernooi om die Wêreldbeker aanstaande jaar in Japan.
Springbokke gee die Engelse weer bloedneus
Dis mos hoe jy veronderstel is om toetsrugby te speel.
Legendariese Springbok sterf aan hartaanval
ʼn Legendariese Springbokagterspeler, en een van die beste Joodse rugbyspelers ter wêreld, is Saterdag in Johannesburg aan ʼn hartaanval oorlede.
Ierland breek wendroogte in Australië ná 39 jaar
Die Wallabies is goed dog nie onoorwinlik nie, en die Iere is nie verniet die nommer twee-span ter wêreld nie.
Franse se 14 spelers laat All Blacks bontstaan
Seker nie volpunte nie, maar heelwat krediet moet aan die Franse gaan wat Saterdag in Wellington die tweede toets met 13-26 teen die All Blacks verloor het
Springbokspan, tweede toets teen Engeland in Bloemfontein
Hier is die foto van die Springbokspan wat Saterdag in Bloemfontein in die tweede toets die reeks teen Engeland sal probeeer beklink.
Dié WB-aanspraakstryd bepalend vir talle uit SA
ʼn Stuk of tien rugbyspelers en ʼn drietal afrigters met Suid-Afrikaanse wortels vestig hul hoop op deelname aan aanstaande jaar se toernooi in Japan om die Wêreldbeker op Saterdag se aanspraakstryd tussen Duitsland en Portugal in Heidelberg, Duitsland.
Wallabies teen Ierland belangrik vir SA
ʼn Toetswedstryde wat Saterdag vir Suid-Afrika miskien belangriker is as die kragmeting tussen die All Blacks en Frankryk, is dié tussen Australië en Ierland in Melbourne (afskop 12:05).
Tweede toets: Dalk is die wittebrood verby
Soms moet ʼn rugbyspan ook verloor om beter te raak, om die groter prentjie te kan raaksien.
Remgro sit voet neer oor WP-skuld
Wat baie mense glo die laaste toetswedstryd sal wees wat aanstaande Saterdag op Nuweland aangebied word, word nou voorafgegaan deur die nuus dat die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se geld-ellendes vererger het.
Klubrondomtalie: Kampioene pleeg kuikenmoord
Plek-plek het die verdedigende kampioene kuikenmoord gepleeg in die jongste ronde van die provinsiale klubligas landwyd.
Afrika: Nuwe Namibiese kaptein; Kenia in krisis
Namibië het ʼn nuwe kaptein vir Rugby Afrika se komende reeks om die Goue Beker gekies; en Kenia dreig om vanweëʼn geldknyp aan die reeks te onttrek.
Gewese Ligbloue en vader van dinastie sterf
ʼn Gewese speler van die destydse Noord-Transvaal, en die grondlegger van ʼn rugbydinastie wat dit 70 jaar later steeds in Suid-Afrikaanse rugby laat geld, is Donderdag oorlede.
SuperSport se fokus val op George en Mdantsane
Die SuperSportreeks se fokus val Vrydag en Sondag op George en Mdantsane.
Springbokspan: Beast bereik sy honderdtal
ʼn Mens hoop werklik nie dat die gepaste lofbetuiginge aan Beast Mtawarira, wat Saterdag in sy 100ste toets vir die Springbokke sal uitdraf, die aandag van sy spanmaats sal aftrek nie.
Eddie verander net twee voorspelers vir Bloemfontein
Die Engelse afrigter Eddie Jones het net twee skuiwe aan sy verloorspan gemaak vir Saterdag se tweede toets teen Suid-Afrika in Bloemfontein.
Oud-Bolander speel slot vir die Franse
Dit gebeur deesdae al hoe meer dat slotte as flank gekies word.
Nou kan Cheika rustig slaap
Die Wallaby-afrigter, Michael Cheika, het Australiese rugbygeskiedenis gemaak toe hy die eerste keer in 46 toetse – sedert hy vier jaar gelede in November 2014 die leisels geneem het – sy span onveranderd vir die volgende toetswedstryd gelaat het.
Rassie sal soms waag in soeke vir regte Wêreldbeker-span
Kom ons vergeet eers van die span wat Rassie Erasmus Donderdagoggend vir die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein gaan kies en ontleed ook wat hy dié week oor spankeuses vorentoe gesê het.