Pietersburg Noordelikes het Saterdag `n honderdtal in die Limpopo Blou Bulle se Boet Fickliga behaal, maar `n duur prys vir die wegholoorwinning betaal.
Griffonsliga: ysters het Welkom in rep en roer
Welkom se rugbygemeenskap is in rep en roer met die derby Saterdag tussen Rovers en Welkom in die Griffons-Luiperds-oorgrensliga wat die grootste belangstelling in jare uitlok.
GLRU-liga: reuse-tellings weer aan die orde
Die mededingende tellings wat die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks die afgelope paar weke gekenmerk het, moes Saterdag weer vir `n paar wegholseges plek maak.
Griekwasliga: Douglas se toer wil gedoen wees
Douglas se kordaatstuk teen Hartswater Saterdag in Griekwas se Superliga (Oos) wil nogal gedoen wees.
Valkeliga: Nigel ter ruste in ERU-begraafplaas
Die Begraafplaas noem die plaaslike ingesetenes Reigerpark se rugbyveld, en Saterdag was Nigel die jongste besoekende span wat daar ter ruste gelê is.
Pichot gaan op tone trap
As Agustin Pichot, die nuwe ondervoorsitter van Wêreldrugby (WR), sy sin kry, sal spelers nie meer `n vrypas hê om ná drie jaar vir `n ander land te speel nie.
KZN-liga: Collegians en Rovers onstuitbaar
Durban Collegians en College Rovers storm steeds onstuitbaar voort en het Saterdag weer groot oorwinnings weg van die huis af in die KwaZulu-Natalse reeks om die Moorbeker behaal.
WP-liga: voorste spanne kou klippe in Super A
Die meeste van die voorste spanne in die Westelike Provinsie (WP) se Superliga A moes Saterdag buitengewoon hard werk om te wen.
Luiperdsliga: Vryburg dwing kampioen gelykop
Vryburg het die Luiperds se Neserbeker-kampioen, Lonmin, Saterdag tot `n gelykop uitslag in die reeks gedwing.
SWD: ervaring red kampioen in gelykop stryd
Evergreens van Pacaltsdorp se sterk karakter en die span se ervaring om in gelykop stryde kalm te bly, was deurslaggend in sy wedstryd Saterdag teen `n omgekrapte Progress in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.
Hiëna-broederskap trek Gemsbokke plat
Die met broers besaaide span van Heilbron het Saterdag Bethlehem-oudskoliere II se Gemsbokke in die Griffons-Oosliga platgetrek.
Onvoorspelbaarheid kenmerk Goue Beker in 2016
Die mededingendheid en spanning wat verlede jaar die oop klubs se reeks om die Goue Beker (GB) gekenmerk het, tesame met die onvoorspelbaarheid van vanjaar s’n beloof selfs groter belangstelling uit te lok as wat tevore die geval was.
BBRU: Quins vat Polisie vas; Naka neem voortou
Die Blou Bulle se Carltonliga A raak al hoe strawwer met Harlequins wat Pretoria Polisie Saterdag deeglik vasgevat het, en die Naka Bulle wat die leiding by Rustenburg Impala oorgeneem het.
OP-liga: Progress doring in Despatch se vlees
Progress was Saterdag die doring in Despatch se vlees in die Oostelike Provinsie se reeks om die Grootuitdaagbeker.
GLRU: Polisie pak Raiders met flank op senter
Johannesburg Polisie het twee veranderings aangebring in die span wat teen Pirates verloor het vir sy eerste kragmeting in baie jare teen Raiders Saterdag in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks.
[Luister] Toekoms van rugby in Suid-Afrika
Hennie Koortzen en Wynie Strydom gesels met onder andere CJ Stander oor sy toekennings in Ierland. Eugene Eloff kuier ook saam en gesels oor die toekoms van rugby in Suid-Afrika. Braam van Straaten gee sy mening oor ʼn moontlike Springbok-losskakel.
Allister droom seker daaroor
Die Springbokafrigter Allister Coetzee lê seker snags daaroor en droom, om te kry wat hy as afrigter vra.
KZN-liga: knieë en enkels spook by Highlanders
Knie- en enkelbeserings spook al hoe kwaaier by Newcastle Highlanders wat op die koop toe pas twee van sy uitblinkers aan ander weivelde moes afstaan.
Curriebeker: WP kies nuwe; Vrystaat verander ses, Boland 10
Die Westelike Provinsie het `n nuweling gekies vir sy kragmeting in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Sharks-vyftiental; die Vrystaat het ses verander vir die Goue Leeus-vyftiental, en Boland tien vir die Luiperds.
Pumas verander 14 vir Welwitschias op Ermelo
Die Pumas het 14 veranderinge aangebring in sy span wat Saterdag op die veld van die Hoërskool Ermelo in die opstellende ronde van die Curriebekerreeks teen die Welwitschias van Namibië speel.