Afrikaanse kunstenaars soos Juanita du Plessis, Ray Dylan, Kurt Darren, Brendan Peyper en Refentse is slaggereed om vanjaar die verhoog te betree vir die Krone 3-musiekkonsert wat op 13 en 14 Augustus plaasvind.
Video: Riana Nel se ‘vol hart’ help lirieke neerpen
Riana het by Maroela Media kom kuier om oor haar jongste album, Jy sal weet, te gesels en sy het ingestem om ook ʼn paar lawwe vrae te beantwoord.
“Big Daddy” vier sy 78ste verjaardag
Lance James Liebenberg is op 18 Julie 1938 in Germiston gebore en nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, in Desember 1954 by die SAUK aangesluit. Hy het op agtienjarige ouderdom in orkeste begin speel, nadat hy klavier- en kitaarlesse by die bekende Ken Espen geneem het. Hy is genader om ʼn opname van Chuck Berry se bekende treffer “Johnny B. Goode” te maak, maar weens sy kontraktuele verpligtinge teenoor die SAUK, is hierdie snit nooit vrygestel nie.
‘Spel van liefde’ – Pieter Koen en Cordelia
Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos “Mal in jou kop” en “Eerste woorde”, het kragte gesnoer met die bekende sanger en televisie-aanbieder Pieter Koen (“Man van staal” en “Wat die hart van vol is”) en het pas die musiekvideo vir hulle duet-enkelsnit, “Spel van liefde”, uitgereik. Die liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 8 Augustus 2016
Karen Zoid kraai vandeesweek weer koning in die Maroela Media Top 20.
Akkedis ‘rock’ voort in trefferalbum
Hierdie Boland-rockers het geen bekendstelling in die Afrikaanse rockwêreld nodig nie. Met dié nuwe album bewys die groep weereens waarom Akkedis steeds een van Suid-Afrika se bestes bly. Die groep, wat gestig is in die destydse alternatiewe era, is steeds meer aktief as ooit.
Luister: Nuwe Snotkop-album: ‘Pret van begin tot einde’
Die bekroonde sanger Snotkop, het pas sy jongste album vrygestel, en sê aanhangers moet hulself regmaak vir “groot konsternasie”.
[Wen] Kom sing saam met die krone
Die land se top Afrikaanse kunstenaars is slaggereed vir die derde aflewering van Suid-Afrika se gunstelingkonsert, Krone 3, wat as “ʼn moewiese saamsing-jol” beskryf word.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 1 Augustus 2016
Karen Zoid kraai koning in dié week se Top 20.
Goue status vir Afrikaans se nuwe liefling
Refentse se debuutalbum, My hart bly in ʼn taal, het binne slegs vier maande ná uitreiking goue status behaal. Dié sanger het oornag sukses behaal met sy weergawe van bekende Afrikaanse treffers.
‘Die wasgoedlyn’: ʼn musiekprogram ‘wat alles wys’
Die wasgoedlyn, ’n splinternuwe musiekprogram op kykNET, is van 11 Augustus op die kassie te sien.
Luister: Izaan oor liefde, humor en teleurstelling
Die sangeres Izaan, sê haar tweede en selfgetitelde album vertel “egte stories” oor die liefde, teleurstellings en humor.
[Luister] Patrizio Buanne sing saam met Afrikaanse sterre
Die internasionale Napolitaanse minnesanger, Patrizio Buanne, het pas sy jongste album, Viva La Dolce Vita, vrygestel en aanhangers van dié sanger kan uitsien na ’n bonus-CD met treffers saam met plaaslike sangers soos Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 25 Julie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Maties-koor sing Zoid en Van Coke se liedjie
Die Universiteit van Stellenbosch se koor het sosiale media aan die gons met sy weergawe van Karen Zoid en Francois van Coke se liedjie “Toe vind ek jou”.
Luister: HallelujahSA – Ons wil liefde vir lofprysing bevorder, sê sangers
Suid-Afrikaners “smag na die teenwoordigheid van God”, sê die sangers Adam Barnard en Henri Scott, en daarom het dié duo die landwye lofprysingsprojek HallelujahSA begin om die boodskap van liefde met behulp van hul musiek te versprei.
Ricus Nel – Ouskool Boerseun
Ouskool Boerseun is verseker een van 2016 se bestes. Dié album is ’n moet vir elke Afrikaanse musiekliefhebber. Die album het ’n lekker tradisionele countrymusiek-aanslag wat afgewissel word met ’n paar boeremusieknommers soos “Connie se setees” en met die “Wiele” en “Sondebok”-medley.
‘Yster en vuur’ – Richard van der Westhuizen
Richard het vorendag gekom met ’n CD wat van onberispelike musikale integriteit spreek en gemik is op die musikale fynproewer, maar in die goeie sin van die woord. As jy moeg is vir niksseggende lirieke en “kunstenaars” vir wie roem en geld belangriker as musiek is, moet jy hierdie album by jou versameling voeg.
Luister: ʼn Nuwe klank vir Liza Brönner
Die sangeres Liza Brönner se jongste album Dans op jou eie is pas bekendgestel en sy meen dis ʼn nuwe klank wat aanhangers sal geniet.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 18 Julie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.