As jy hou van goeie wysies, eenvoudige lirieke en harmonieë is die nuwe kortspeler van die musiekgroep Adam en Daniel Baron net die album vir jou. Esté Meyer Jansen het telefonies met Hugo van Adam gesels om ’n bietjie meer oor dié kortspeler se musiek te wete te kom.
Een uit 100 000 vir kankerpasiënte
Die liedjieskrywer en sanger, Ruan Wepener, het saam met die fotograaf Deon van Wyk, die musiekvervaardiger Marius Brouwer en die Burley Boys, ʼn liedjie genaamd “Een uit ‘n 100 000” bekendgestel om bewustheid vir die nie-regeringsorganisasie, The Sunflower Fund, te bevorder.
Nuwe vrystellings: 16 November 2016
Jak de Priester, Joshua na die reën, Hemelbesem en Riaan Grobler het nuwe liedjies.
Maroela Media Top 20: 16 November 2015
Vandeesweek is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat hul posisies behou en een nuweling. Jannie en Corlea behou hul eerste plek, maar hulle is onder groot druk van die titelsnit van Cordelia se nuwe album, Breek die stilte, wat na die tweede plek opskuif.
Nagligte maak opslae as rockgroep in Suid-Afrika
Hierdie kompetisie is gesluit: Maroela Media het vyf dubbelkaartjies om weg te gee vir die CD-bekendstelling van Nagligte. Lesers wat graag die bekendstelling wil bywoon op Woensdag 25 November om 20:00 by Weiveld in Zwavelpoort by die Bronberg-landgoed, Pretoria kan net die vraag beantwoord: Wat is die titel van Nagligte se album?
Luister: Amor Vittone is terug met ʼn album wat ʼn hoofstuk uit haar eie lewe is
Ná vyf jaar is Amor Vittone terug met ʼn splinternuwe album waar sy vir die eerste keer, soos sy dit stel, haar hand op papier gesit en seker gemaak het haar eie stem kom deur in die musiek wat sy sing.
Steve-album kry goue status in ʼn week
Skaars ʼn week nadat Steve Hofmeyr se nuwe country-album, If you could read my mind, uitgereik is, het dit goue status bereik.
Luister: Manie Jackson sê dankie vir die goeie én slegte in sy lewe
Manie Jackson voel hy het baie om voor dankbaar te wees. Selfs die slegter dinge wat in sy lewe gebeur het, want dit maak hom op die einde ʼn sterker mens.
Resensie: Die tyd is nou – Dewald Gouws
Soos wat ʼn mens met sy vorige albums al kon agterkom, is Dewald Gouws ʼn aanwins vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, veral vir Christelike musiek. Hy het nie net ʼn baie goeie tenoorstem nie, sy boodskap is suiwer en hy sing beslis nie vir eersug nie, maar eerder omdat hy die Here met ʼn opregte hart wil loof en aanbid.
Luister: JJ Stephens sing Neil Diamond
Ná jare se versoeke om ʼn album met Neil Diamond se musiek op te neem, het die sanger en liedjieskrywer JJ Stephens uiteindelik besluit om na sy gehoor te luister. Sy album Something like Neil Diamond, ʼn huldeblyk aan dié musiek-ikoon, is vroeër vanjaar vrygestel.
Resensie: ‘Kalm voor die storm’ – Juan Boucher
Juan het hom die afgelope paar jaar gevestig as ʼn goeie liedjieskrywer en sanger, wie se musiek op ʼn jong gehoor gemik is, maar wat ook by ʼn groter gehoor byval behoort te vind.
Resensie: ‘Manne wat glo 2’
Met hierdie album het Manne wat Glo weer eens bewys dat hulle ʼn aanwins vir nie net Christelike musiek nie, maar ook plaaslike musiek oor die algemeen is.
Klein maar getrein
Die 12-jarige Kapenaartjie Leo Gevisser is die jongste wenner nog van die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, wat onlangs by die Atterburyteater plaasgevind het. Die Atterbury Trust gesels met hierdie wonderkind se klavieronderwyser, Nina Schuman.
Laurinda Hofmeyr terug met ‘Wat ek wou sê’
Laurinda is bekend vir haar toonsetting van gedigte en haar splinternuwe album, Wat ek wou sê, is ook ʼn versameling van gedigte wat sy verwerk het.
Steve Hofmeyr keer terug met country-album
Nadat hy in die verlede hoofsaaklik sukses met Afrikaanse en Engelse pop- en rockmusiek behaal het, keer Steve Hofmeyr terug na ʼn genre wat hy laas in 2008 met sy Kris Kristoffersen- huldeblykalbum, Help Me Make it through the Night, gesing het, naamlik country.
Nuwe vrystellings: 9 November 2015
Bobby van Jaarsveld, Adam Tas, Andriëtte en Broers het nuwe musiek.
Maroela Media Top 20: 9 November 2015
Daar is ‘n nuwe nr. 1-treffer op hierdie week se Top 20. Die titelsnit van Jannie Moolman en Corlea Botha se album “Alle paaie lei na Rome” neem die eerste plek by Andriëtte oor.
Anneli van Rooyen: ‘Nogtans sal ek sing’
As ’n mens terugkyk na jou lewe, verstaan ’n mens soms hoekom sekere dinge moes gebeur het, maar Anneli antwoord baie eerlik en sê dat sy nog nie verstaan hoekom dié ding met haar moes gebeur nie.
Luister: Anton Myburgh sing oor die lewe van die motorfietsryers
Esté Meyer Jansen het met Anton Myburgh, ook bekend as Murgpyp, gesels oor sy jongste album en ook sommer ʼn bietjie meer te wete gaan kom oor die sanger se nuwe passie vir motorfietsry.
Ontmoet Carla Oberholzer
Toe Heuning vroeër vanjaar ʼn treffer met “Drome” gehad het, het die musiekbedryf vir die eerste keer kennis gemaak met die komponis van daardie liedjie, Carla Oberholzer.