Die Potchefstroomse Aardklop Nasionale Kunstefees is pas as die kykNET Fiëstas se gewildste kunstefees in die land aangewys – dít net twee jaar nadat die doodsklok oënskynlik finaal vir dié kunstefees gelui het.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 12 Februarie 2018
Wie is dié week in die no.-1 posisie?
Foto’s: Só gaan prins Harry, Meghan se troudag verloop
Die Kensington-paleis het Maandag gesê Prins Harry en Meghan Markle “sien baie uit” na hul groot dag in Mei vanjaar en wou daarom ʼn paar bykomende besonderhede oor die verloop van hul huweliksdag met die publiek deel.
‘Getroud met Rugby’-akteur deel van nuwe sanggroep
“Ons is mal oor wat ons doen, maar die kruis wat ons as kunstenaars moet dra, is die tye weg van ons huise en kinders af.”
Robbie Wessels beleef allermins droogte met ‘Woestyn’
“Ek is baie dankbaar vir die Here vir my talent.”
TV-danser vra jawoord tydens program
“Jy het die maatstaf nou baie hoog gestel vir ander ouens. Ek dink dit is onregverdig!”
Fiëstas: Só sê die wenners
Maroela Media het met die wenners van vanjaar se Fiësta-toekennings gesels oor wat dié toekenning vir hulle beteken.
Eerste kykie na Ricus se ‘Rebecca’
“Ek het my probeer voorstel hoe dit sou wees as ek en hy, elkeen met ons eie manier van doen, lekker om ʼn kampvuur kon sit en musiek maak.”
Fiëstas: Bekendes meen dít maak Afrikaans pret
Maroela Media het verskeie bekendes op die bloutapyt gepols met ʼn enkele vraag: Wát maak Afrikaans pret?
Foto’s: Kunstebedryf skitter tydens Fiëstas
Die room van die Suid-Afrikaanse kunstebedryf het Donderdag op die kykNET-bloutapyt geskitter vir die jaarlikse Fiësta-toekennings by die Montecasino Teatro.
Fiëstas: ‘Die reuk van appels’ maak skoonskip
Die reuk van appels – gegrond op Mark Behr se opspraakwekkende roman van 1993 en nou, verwerk deur Johann Smith, met regie deur Lara Bye, Gideon Lombard as akteur en deur Theatrerocket as verhoogproduksie aangebied – het behoorlik opspraak gewek.
Jo Black hou sy lyf akteur
Jo Black, die sanger wat meer as twee miljoen mense na die amptelike musiekvideo van sy liedjie “Skepe” gelok het, maak nou ook sy silwerskermdebuut.
Wen: Gautengse Filharmoniese Orkes by die Brooklyn-teater
Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning van die Gautengse Filharmoniese Orkes se Vivaldi Mandolin Concerto by die Brooklyn-teater in Pretoria.
Luister: Benice wil hoop bring deur haar musiek
“My boodskap is een van hoop en liefde en dat God se genade groot is. Maak nie saak wie jy is of waar jy vandaan kom nie, God se genade is genoeg vir jou.”
‘Op die spel’: Kan bekendes ‘Franschhoek’ spel?
Bekendes wat in die gewilde kykNET-sepie Suidooster te sien is, se taal- en spelvaardighede word op die proef gestel om te bepaal of hulle die naam “Franschhoek” kan spel.
Leon van Nierop se resensie: Loving Vincent
As jy ʼn Van Gogh-bewonderaar is en afdrukke van sy werke jou aantekeningboeke of mure versier, sal jy hierdie unieke rolprent, gedeeltelik geanimeer, nooit vergeet nie, skryf Leon van Nierop.
Luister: Juan Boucher oor die waarde van eerlikheid
Die sanger het voorheen aan Maroela Media vertel die sukses van sy musiek lê in die eerlikheid van storievertel. Dié eerlikheid het hy geleer ná die dood van sy meisie ʼn dekade gelede: Dit was in baie opsigte ʼn tyd van onbeskryflike seer maar ook van rou eerlikheid.
Legendariese sanger kondig uittrede aan
“Ek het al dikwels gewonder oor hoe dit sou voel om ʼn punt te bereik waar ek dit sou oorweeg om my loopbaan af te sluit. Nou weet ek: Dit voel ʼn bietjie senutergend, ʼn bietjie opwindend en ietwat van ʼn verligting.”
Wen: ‘Team Zoid’ by die Oude Libertas-teater
Vyf gelukkige Kaapse lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na die opvoering van Karen Zoid se The Voice-span by die Oude Libertas-teater op Valentynsdag.
Video: Agter die skerms by ‘Los asseblief ʼn boodskap’
Maroela Media het agter die skerms gaan kuier by die toneelstuk ‘Los asseblief ʼn boodskap’ om te kyk hoe Simoné Nortmann in die skoene van die platsak popster Nina van Zyl klim. Kyk hier: