ʼn Gewese Springbokvleuel op die betogergeteisterde toer van 1981 na Nieu-Seeland is ná ʼn stryd teen maagkanker oorlede.
Lees meerAlles vir Maandag 12 Februarie 2018
Maties baas, en Shimlas hardloop Witsies kis
Die Maties het wraak geneem vir hulle neerlaag in verlede jaar se Varsitybekereindstryd toe hulle op Coetzenburg vir UP-Tuks in ʼn goeie, taai wedstryd met 24-26 geklop het.
Grondoudit-verslag: ‘Regering wil publiek om die bos lei’
“Een voorbeeld is waar die verslag glo aandui dat Suid-Afrika 112,9 miljoen hektaar landbougrond het, terwyl navorsing van 2016 deur kundiges soos Agri Development Solutions (ADS) in samewerking met Landbouweekblad en Agri SA toon dat daar slegs 93,25 miljoen hektaar landbougrond is.”
DA: ‘OB se bevindings is vals’
Die DA het Maandag gesê hulle gaan die Openbare Beskermer (OB) se verslag oor die Vrede-suiwelplaasprojek op geregtelike hersiening plaas.
Vervroegde mosie teen Zuma nie onmoontlik
“Die berigte dat die speaker die EFF se versoek om die mosie van wantroue te vervroeg verwerp het, is dus vals,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, gesê.
Bylmoorde: ‘Dit was moord met voorbedagte rade’
Verder kon hy nie verduidelik hoekom die aanvaller of aanvallers die Van Breda-huis in die middel van die landgoed gekies het nie, nie waardevolle items gesteel het nie en die gesin met “kapwonde” aangeval het, maar die ooggetuie byna onaangeraak gelaat het nie.
Vrou met steekwonde ure lank in kamer toegesluit
’n 64-jarige vrou is vanoggend op ’n kleinhoewe in Bloemdal in die Vrystaat aangeval deur vier gewapende mans.
ToekomsVenster: Die kerk en geld
Here, baie dankie dat ek U met my offers kan dien om só U koninkryk op die aarde te vestig. Ek bid dat my offergawe op vrugbare grond sal val om ook só ’n verskil in iemand se lewe te maak.
Opposisiepartye vra parlement moet ontbind
Opposisiepartye het Maandagmiddag tydens ‘n mediakonferensie gesê hulle wil met die proses begin om die parlement te ontbind.
Naas Botha se broer sterf
Darius Botha (62), emerituspredikant en broer van die legendariese rugbyspeler Naas Botha, is Maandag oorlede.
Die wêreld in foto’s – 12 Februarie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Tronk die veiligste vir Zuma’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê Zuma en sy “korrupte trawante” moet met onmiddellike effek die trekpas kry en dat Suid-Afrika nié teruggehou moet word deur die besprekings tussen Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa nie.
Egpaar wéér op plaas aangeval
Die egpaar is Saterdagaand vir die tweede keer in minder as ʼn maand op hul plaas aangeval.
Skooltassieprojek se Tassie-toer skop weer af
Ongeveer 4 600 skooltasse ter waarde van R380 elk word vanjaar aan behoeftige kinders landwyd uitgedeel.
Krieketliefde kan weer gedy!
Dit was dalk nét wat Suid-Afrika nodig gehad het om wéér in hulself te glo.
Wêreldrekord vir meeste tweelinge in een graad in dié hoërskool
Met 44 stelle tweelinge en een drieling het dié hoërskool ʼn Guinness-wêreldrekord verbeter.
Aardklop nou ‘gewildste kunstefees’ ná doodsklok eens lui
Die Potchefstroomse Aardklop Nasionale Kunstefees is pas as die kykNET Fiëstas se gewildste kunstefees in die land aangewys – dít net twee jaar nadat die doodsklok oënskynlik finaal vir dié kunstefees gelui het.
Zuma: Het D-dag uiteindelik aangebreek?
Politieke ontleders en kenners reken die kanse is goed dat Suid-Afrikaners uiteindelik ná Maandagmiddag sal weet hoe die toekoms vir pres. Jacob Zuma sal lyk.
Oom Herrie se kerrie: Agterstevoor bid
Maar as ons ouer word, word die verwagtinge om reg te kan bid, ook al hoe groter. Sommiges leer om korter te kan “reg” bid, en ander om langer te kan “reg” bid, skryf Oom Herrie.
Henri van Breda: ‘Aanvaller was bekend aan hulle’
Sy het gesê nie een van die slagoffers het ʼn poging aangewend om weg te kruip of om hulp te roep nie.