Maroela Media se 10 gewildste landbou-artikels vir 2021

Hierdie tien artikels is in 2021 die meeste gelees op Maroela Media se landbou-portaal.

  1. Saffraan verskuif reeds grense in eerste seisoen

Die belangstelling onder voornemende saffraanboere is oorweldigend en die maatskappy Saffricon, wat besig is om die saffraanbedryf in Suid-Afrika te vestig, kan nie voorbly om opleiding- en inligtingsessies te hou nie.

Saffraan, oftewel ‘rooigoud’, word vir R250 000 per kilogram verkoop. (Foto: Saffricon)

  1. Ontmoet ons wynboere: Rietvallei hou vas aan sy familie

Rietvallei‑wynlandgoed het in 2014 ’n belangrike mylpaal bereik deur een van slegs ’n handjievol Suid-Afrikaanse wynlandgoedere te word om 150 jaar se eienaarskap onder een familie te vier.

Die Rietvallei-wynlangoed is al ses geslagte in die Burgers se besit. (Foto: Facebook)

  1. Internasionale rekordprys vir Griekwastad-boerbok

ʼn Allemintige bedrag van R500 000 is onlangs vir ʼn boerbok betaal wat in ʼn maklike onderhandeling uit die hand verkoop is.

Maserati van Lukas Burger is vir ‘n wêreldrekordprys van R500 000 verkoop. (Foto: Facebook)

  1. Bekwaam jou as boer in Orania

Bo-Karoo Opleiding (BKO), ’n opleidingsinstansie in Orania, sal eersdaags ’n  opleidingskursus in landbou aanbied.

Foto ter illustrasie (Foto: DIJ-Agras, Pixabay)

  1. Meulenaars soek boere se mielies só

Die meeste Suid-Afrikaners se stapelvoedsel is mieliepap en dit is veral noord van die Oranjerivier, waar mielieproduksie die somersaailandskappe oorheers, waar die mense nie sonder hierdie geliefde ontbyt of bygereg tydens ʼn braai kan klaarkom nie.

Meulenaars vind heelwat uitdagings met die produksie van mieliepap. (Foto: Leán van den Bergh)

  1. SA’ners kan nie verbied word om te jag

In die gees van Erfenisdag het die nuutgestigte jagalliansie, SUCo-SA (Sustainable Use Coalition South Africa) aangekondig dat hy sal veg om ʼn belangrike eeue-oue tradisie, Suid-Afrikaners se jagerfenis, te bewaar terwyl hy ʼn volhoubare jagbedryf bevorder.

Jag en die kultuur wat daarmee saamkom is al duisende jare oud. (Foto: Verskaf)

  1. Sprinkane in Oos-Kaap skrik nie vir sneeu

Oos-Kapenaars was verbaas om te sien hoe groot swerms sprinkane onlangs oor die sneeubedekte vlaktes in die Middelburg‑Cradock-gebied vlieg.

Sprinkane het in hulle massas oor dele van die Oos-Kaap getrek terwyl daar plek-plek nog sneeu gelê het. (Foto: Eben du Plessis)

  1. Saai gryp in teen ANC-grondgrypers

Die debakel rakende Ivan Cloete, wat ’n derde keer van sy plaas in die Wes-Kaap afgeskop is om vir ’n voormalige ANC-parlementslid plek te maak, het wyd plaaslik en in die buiteland opslae gemaak. Dit is ongelukkig nie ʼn geïsoleerde geval nie.

Dr Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. (Foto: Anja van der Merwe)

  1. Koolhidraatvlakke van avokadobome ook nou getoets

Sitrusboere was die eerste groep wat twee jaar gelede ʼn tegnologiese deurbraak deur Agri Technovation kon benut. Nou het Agri Technovation ook die tegnologie vir avokadoboere verfyn.

Avokadoboere is in staat om hulle bome se suiker en styselvlakke te sien. (Foto: sandid, Pixabay)

  1. Koster en Swartruggens: Politieke inmenging en die pad vorentoe

“Ons kon net nie meer toekyk hoe riool in die strate afloop en langs die huise van die armstes van die armes in die gemeenskap spoel nie.”

Die Koster-rioolverwerkingsaanleg. (Foto: Willie Jones)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.