Maroela Media se 10 gewildste leefstyl-artikels vir 2023

Hierdie tien artikels is in 2023 die meeste gelees op Maroela Media se leefstyl-portaal.

  1. Swangerskap help Mej. SA-finalis met selfbeeldstryd

Op die oog af sal dit moeilik wees om te verstaan waarom iemand soos die beeldskone Mej. SA-finalis, Tamsyn Gerrits, al selfbeeldstruikelblokke moes oorkom?

  1. Grimeerkunstenaar verklap: dié produkte nie jou geld werd

Talle vroue sal kan beaam hoe maklik dit is om in skoonheidsafdelings se aanloklike strikke te trap.

Domonique de Lange, ʼn professionele grimeerkunstenaar. (Foto: Verskaf)

  1. Dís hoekom woef en baas dalk nie ʼn kooi moet deel nie

Daar is min dinge wat so lekker saam in ʼn bed kan broei as ʼn ou vierpotige slaapmaat, maar kenners meen daar is verskeie redes waarom woef en sy baas dalk elkeen sy eie kooi moet hê.

Argieffoto. (Foto: Brooke Cagle/Unsplash)

  1. Unieke restaurant gee nuwe lewe aan ou vuurtoring

Toe Marius en Melanie Kearney vroeg in 2021 in Mosselbaai aangekom het, was die restourasie van die dorp se historiese vuurtoring beslis nie op hul wenslys nie.

Die Kaap St. Blaize-vuurtoring. Foto: Susan Purén

  1. Hoe verklaar ons skielike gelaatsverlamming?

Al ooit gehoor dat die ouer garde iemand waarsku om nie in ʼn trek te sit of nie te slaap met ʼn oop venster reg oorkant hulle nie?

Angelina Jolie (Foto: Facebook)

  1. SA vrou, gesin vertel van ondervinding op oop see

Wat op aarde het hulle besiel om die verraderlike Atlantiese Oseaan oor te steek?

Danielle Tietze de Hoogh, Sander en hul kinders Ava (6), Will (4). (Foto verskaf)

  1. ‘Basta met kos’ sê dié Centurion-man

Op 8 Augustus 2022 om sowat 21:45, het Francois de Ridder die laaste keer kos oor sy lippe gehad. Die 56-jarige het toe ʼn allemintige 221 kg geweeg.

Francois de Ridder. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

  1. Joburg tot Kaapstad met nét een tenk!

Grant McCleery, ʼn voormalige renjaer en die ster wat met daardie Opel SuperBoss bó op die dak gejaag het in die Continental-advertensies op die kassie in die 1990’s, het ʼn 1.9 diesel Isuzu D-Max van Johannesburg af tot in Kaapstad gery.

  1. Lewensgevaarlike slaapdief wat jou rus steel

Jy kan gerus maar gaan loer: Die belangrikheid van genoeg slaap en die handhawing van ’n gesonde slaaproetine duik nie net in elke denkbare gesondheidstudie op nie, maar verskyn op die doktersvoorskrif vir bykans enige kwaal.

(Foto: iStock)

  1. Liewe graad 11-ouer

Hoekom beleef tieners dit so intens? Want tieners leef vanuit hul limbiese gedeelte waar die emosies sit, terwyl die prefrontale korteks, wat rasionele denke insluit, eers volwasse raak hier vanaf 25 jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.