Dié bekendes se kroos skop skoolloopbaan af

Dié bekendes se spruite het hierdie jaar met gr. 1 begin. (Foto’s: Instagram)

Talle bekendes, onder wie Steve Hofmeyr en Rolene Strauss, het vanoggend hul spruite vir die heel eerste keer by die “groot skool” afgelaai.

Kyk hier na al die bekendes wie se kroos vanjaar gr. 1-parrabeen is:

Steve Hofmeyr

“Terug skool toe vir my,” skryf die “Pampoen”-sanger oor sy jongste, Romy-Lee, wat vanjaar haar skoolloopbaan afskop. “Ek is die mees getraumatiseerde een daar.”

Rolene Strauss

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Rolene Strauss, se spruit is ook vanjaar in gr. 1.

“My liefste seun, ons is trots op wie jy is, jou gewillige gees, jou nuuskierige geaardheid en jou passie vir nuwe dinge ontdek,” skryf Rolene op Instagram.

Tim Theron

“En so is die ‘baba’ ook nou in gr. 1,” skryf Tim Theron, filmvervaardiger, oor sy seuntjie wat hierdie jaar met skool begin.

Rita Li

Die Kaplyn-aktrise, Rita Li, se oudste is ook vanjaar vir die eerste keer agter die skoolbanke.

“Hoe hou my mamma-hart dit vandag?” skryf sy op sosiale media.

Pierre Spies

Die oudrugbyspeler, Pierre Spies, se jongste stap vandag ook vir die eerste keer by die skoolhekke in.

“Hierdie gaan julle beste jaar ooit wees,” skryf hy vir al drie sy kinders op Instagram. Hy is ook die pa van twee seuns wat onderskeidelik in gr. 4 en 6 is.

Bekende spruite nou in gr. R:

Ricus en Liza Nel

Die “Boerepompie”-sanger, Ricus Nel, en sy vrou, Liza, se seuntjie is hierdie jaar net-net ook in die “groot skool”. Hul seuntjie, Dawid, begin hierdie jaar met gr. R.

Charlize Berg

Charlize Berg se dogtertjie het vanjaar ook met gr. R begin.

“Mamma en pappa se harte bars van trots. Ons kan nie wag om jou te sien leer en groei nie,” skryf sy op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

kommentaar ·

Ricus Nel, nou weet Baie mense waar jou kind skoolgaan. Ouers moet leer om nie hulle kinders se skole se name of dan gesigte op sosiale platforms te sit nie…..

Nettie ·

Hulle is almal pragtig. Sulke groot glimlagte! Sterkte vir hierdie nuwe tydperk in elke gesin se lewe. Mag ons Liewe Vader julle almal bewaar deur die jaar wat voorlê.

skurweberg ·

Al die onderwysers en skoolhoofde behoort omgekrap te wees dat nie almal se gesigte geblok is nie. onverantwoordelik very. Dink aan die implikasies vorentoe vir die ouers wat nie deel is van die artikel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.