Dié voertuig is Usain Bolt in ʼn Armani-pak, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir die sleutelwoord "BMW"
Bekendstelling: Modieus én mooi…
Waar pas die nuwe BMW X2 in die modelreeks? Wel, tussen X1 en X3. Maar hoekom? BMW lok die meer volwasse mark met X1, X3 en tóg X5. Maar wat van jonger mense met genoeg geld wat iets regtig besonders soek? Welkom almal, aan die nuwe X2.
Dié BMW-motorfiets ʼn avontuurlike buksie
Met die intrapslag is daar baie duidelik vir ons vertel dat die G 310 GS nie ʼn vrotpadfiets is nie. Dit is by uitstek ʼn pendelfiets met ʼn klein bietjie grondpadvermoë, skryf Brian Cheyne.
Padtoets: Ry met die wind in jou hare in dié BMW
Terwyl die son sak op ʼn Sondagmiddag met die dak oop en die wind in jou hare, is daar min voertuie wat só lekker ry, skryf Brendon Staniforth.
Na dié motors sien ons uit in 2018
Verskeie nuwe voertuie maak vanjaar hul buiging in Suid-Afrika – en motorfoendi’s landwyd is baie opgewonde.
Padtoets: Dié BMW ʼn sakeman se droom
BMW se 5-reeks is oor die jare sinoniem met suksesvolle sakemanne. Die eerste weergawe, die E12, was uiters gewild in Suid-Afrika, skryf Brendon Staniforth.
BMW se vlagskipfiets
Die term “vlagskip” is in die ou dae toegeskryf aan die skip van die bevelvoerder van ʼn groep skepe. Dít was die enigste woord waaraan ek kon dink toe ek die BMW K 1600 GTL gekry het vir ʼn toets, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] BMW GS trophy: Die dames gaan hul staal wys
Suid-Afrika se eie Ezelda van Jaarveld, Julia Maguire van Australië en Sonia Barbot van Frankryk is as finaliste in dié kompetisie aangewys.
[Foto’s] Bekendstelling: BMW stel die nuwe maatstaf
Die Sewepassepad het verskeie oppervlaktes gebied – droog en nat, grond, teer en sand – en niks kon dié BMW X3 flous nie, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] BMW maak gereed vir 2018
Iets waaroor ek baie verlig is, is dat die neiging weer terug is na kleiner avontuurfietse. BMW het reeds ʼn teenwoordigheid daar met sy F-reeks, so om die bestaande fiets te verbeter was die logiese oplossing.
[Foto’s] BMW se K 1600 Bagger ʼn regte rusbankfiets
Die Long Tom-pas, Rowerspas en die lang, uitgestrekte kurwes tussen Sabie en Pelgimsrus is motorfietskos, skryf Brian Cheyne. En nagereg is die kronkelpad tussen Sabie en Hazyview.
[Foto’s] Padveiligheid: BMW Gevorderde bestuurdersopleiding
Talle Suid-Afrikaners verkeer onder dieselfde illusie dat ons die beste bestuurders is. Doen jouself ʼn guns, en gaan probeer weer jou toets slaag, óf gaan vir gevorderde opleiding, skryf Brendon Staniforth.
Verbruikersake: Kredietreguleerder vat nóg ʼn motorfinansierder vas oor op pad- fooi
Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan Volkswagen Financial Services South Africa omdat die instansie ʼn op pad- fooi, ʼn administrasiefooi en ʼn hanteringsfooi op kredietooreenkomste hef vir motorfinansiering.
[Video] BMW se M-fees ʼn paradys vir motor-entoesiaste
BMW hou dié naweek sy heel eerste M-fees in Suid-Afrika by die Kyalami Grand Prix-renbaan in Gauteng.
[Foto’s] BMW se Pure and Crafted-fees nou groter en beter
Vir die motorfietsgeesdriftiges was daar 30 van die mooiste antieke BMW-motorfietse uitgestal, en die nuwe BMW 310 was beskikbaar vir toetsritte. Mattie Griffin, ʼn professionele toertjieryer, het die skare kom vermaak op sy doelgemaakte motorfiets.
Verbruikersake: Oppas vir heffings wat nie in kredietooreenkoms mag wees
Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan BMW Financial Services omdat kliënte ʼn heffing van tussen R3 000 en R6 000 moet betaal vir die registrasie van ʼn voertuig as deel van die kredietooreenkoms om ʼn motor by die maatskappy te laat finansier.
[Foto’s] SA gekies vir BMW Motorrad International GS Trophy
“Suid-Afrika bied die perfekte landskap vir GS-ryers. Ons is baie gelukkig om sulke lojale, vaardige en toegewyde kliënte te hê wat die gees van GS laat leef.”
[Foto’s] BMW R nine T: Retro is vuurwarm
Die R nine T is vir ouens wat baie graag ʼn projekfiets wil bou, maar nie die tyd, ruimte of talent het vir so iets nie. Jy gaan koop jou fiets, en dan kan jy rondspeel met verskeie opsies om die fiets jou eie te maak, skryf Brian Cheyne.
[Foto’s] Bekendstelling: Die BMW 4-reeks het ʼn troefkaart
“Ek het die 4-reeks soms regtig hard gedruk en niks maak die hom benoud nie. Die remme het nooit gekla nie en die 8-spoed Sports-outo ratkas met spane agter die stuur is puik,” skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Padtoets: Die toekoms is opwindend met die BMW X5
As jy vir my gesê het ’n mens kan onder 5 ℓ/100 km handhaaf in uiterste gevalle in ’n X5, het ek gesê jy lieg. As jy vir my gesê het ’n tweeliter-viersilinder-X5 het soveel woema, het ek gesê jy lieg.