Hier is ʼn baie eenvoudige manier om ʼn tuisgemaakte mikrofoon te bou met ʼn vuurhoutjieboksie, grafiet uit ʼn potlood, ʼn battery en ʼn elektriese kabeltjie. Dit is ʼn baie oulike projek vir kinders.
Alles vir die sleutelwoord "DaveHax"
Video: ʼn Skitterblink koperpot in ʼn japtrap, sonder chemikalieë
Is jou koperpot vuil? Dis geen probleem nie – met dié twee items wat daagliks in die meeste huishoudings gebruik word, kan jy ʼn vuil koperpot sonder moeite blink poets. Maroela Media het dit op ander koperitems getoets en dit werk net so goed.
Video: Só sny mens ʼn soetrissie
ʼn Soetrissie is veral heerlik in slaaie en pastageregte, maar dit is soms ʼn tameletjie om die soetrissie maklik te sny.
Video: Noodkerse tydens beurtkrag
Eskom is steeds besig om beurtkrag toe te pas, maar hierdie video wys vir jou oulike maniere hoe om ʼn paar noodkerse te maak uit eenvoudige items wat jy sommer in jou huis beskikbaar het.
(Video) Resep: Nutella-sjokoladesterbroodjie
Hierdie Nutella-sjokoladesterretjie is baie eenvoudig om te maak en perfek vir Kersfees. Bederf gerus jou gaste met hierdie soetigheid!
Video: Maak ʼn mooi sterretjie vir jou Kersboom
Hierdie pragtige 3D-sterretjie is baie maklik om te maak.
Video: Versierings vir die Kerstafel
Dié video wys jou hoe om baie maklik Kersboompies uit servette vir jou Kersfeestafel te vou! Selfs die kinders sal kan help om dié oulike versierings te maak.
Video: Voorkom dat jou karvensters opwasem
Hierdie video wys jou ‘n baie eenvoudige manier hoe om te voorkom dat jou die ruite in jou motor opwasem.
Video: Sny ‘n tou sonder ‘n mes of skêr!
Al ooit gewonder hoe om ‘n tou te sny as jy nie ‘n mes of skêr byderhand het nie? Veral as dit dalk ‘n noodgeval is!
Video: Partytjietoertjie: Ballon op ‘n stokkie
Kan jy ‘n sosatiestokkie deur ‘n ballon druk sonder dat hy bars? Hierdie video wys jou hoe om al jou vriende by ‘n volgende partytjie te beïndruk!
Video: Hierdie piesang is klaar gesny!
Die gebruiker DaveHax het ‘n oulike wenk op YouTube gelaai waarmee jy kinders kan beïndruk!
Video: Trek ‘n perfekte sirkel met jou vryhand!
Dié video wys jou ‘n eenvoudige tegniek hoe om telkens ‘n perfekte sirkel met jou vryhand te trek. Die video is die afgelope vyf dae reeds meer as 2.7 miljoen keer gekyk.
Video: Vyf handige kombuiswenke
Hierdie video bied vyf baie handige wenke wat jy in jou kombuis kan gebruik: maak jou eie pastahouer of keer dat die pot oorkook! Kyk ook hoe jy jou resepteboek maklik kan oophou.
Video: Só maak jy maklik jou eie lepel
Hier is ‘n handige wenk as jy ooit iewers sonder eetgerei sit, maar darem ‘n skêr en ‘n leë koeldrankbotteltjie by jou het. Die oulike lepeltjie is ook handig vir ‘n piekniek of selfs wanneer jy gaan kamp.
Video: Die maklikste wiskunde!
Meeste mense gryp gewoonlik dadelik na ‘n sakrekenaar sodra hulle dubbelgetalle met mekaar moet vermenigvuldig, maar met hierdie eenvoudige metode hoef jy slegs ‘n paar lyntjies op papier te trek!
Video: Só skil (en bedien) jy pynappel!
‘n Pynappel is ‘n eienaardige vrug en soms gaan ‘n groot deel van die vrug verlore as mens dit nie korrek skil nie.
Video: Só pak mens vir een aand!
As jy net een aand gaan oorslaap, is hierdie die eenvoudigste manier om baie lig te reis! Hierdie video is reeds meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Só sny jy ‘n waatlemoen
Daar is min dinge so lekker in die somer soos ‘n heerlike, sappige en stroopsoet waatlemoen. Die YouTube-gebruiker DaveHax wys in dié video ‘n baie eenvoudige manier om ‘n waatlemoen te sny.
Video: Opblaasbed sonder ‘n pomp!
Die gebruiker DaveHax wys in dié video ‘n baie eenvoudige manier om ‘n opblaasmatras op te blaas sonder om ‘n pomp of jou eie asem te gebruik.