Is jou koperpot vuil? Dis geen probleem nie – met dié twee items wat daagliks in die meeste huishoudings gebruik word, kan jy ʼn vuil koperpot sonder moeite blink poets. Maroela Media het dit op ander koperitems getoets en dit werk net so goed.
Lees meerAlles vir Saterdag 31 Januarie 2015
Agt tieners kritiek na hulle suur melk drink
Agt tieners van die Oos-Kaap, almal tussen 16 en 18 jaar oud, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in Oos-Londen nadat hulle siek geword het van suur melk wat hulle glo Vrydag gedrink het.
Grondgrypers mik vir Diepsloot
Die Gautengse polisie moes Saterdag ʼn skare met rubberkoeëls uitmekaar dryf nadat hulle probeer het om ‘n leë stuk grond tussen Pretoria en Johannesburg te beset.
“Jammer, geen voorraad, die boer is vermoor”
ʼn Foto van ‘n bemarkingstruuk vir die fliek Treurgrond is Saterdag, binne tien ure nadat dit op Facebook geplaas is, meer 3 800 keer gedeel.
10 sterf in gru-botsing op JHB-snelweg
10 mens is Saterdag dood nadat ʼn bakkie met 21 passasiers op die N3-snelweg in Johannesburg gerol het.
Top Billing-aanbieder sterf in ongeluk
Simba Mhere, ʼn 31-jarige aanbieder van Top Billing op SABC3, is Saterdag in ʼn motorongeluk oorlede.
Foto’s: Twee sterf in Mpumalanga-ongeluk
Twee mense is Saterdagoggend dood en vier beseer nadat twee voertuie reg-van-voor in Mpumalanga gebots het.
Renosterstropers in Pongola in hegtenis geneem
Twee vermeende stropers is Vrydagaand in Pongola, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
Drie sterf in gyselaarsdrama by polisiestasie
ʼn Ure lange gyselaarsdrama by die Johannesburg Sentraal-polisiestasie het Vrydagaand die lewe van twee polisiebeamptes en ʼn verdagte geëis.
Foonbemarker red vrou tydens aanval
ʼn Telefoonbemarker van Las Vegas in Amerika het moontlik ʼn vrou wat gebel is tydens ʼn aanval, se lewe gered.
Weerlig slaan meisie dood
ʼn Negejarige meisie van Marble Hall in Limpopo is dood nadat sy vroeër die week deur weerlig getref is.
Selebi vandag begrawe
Die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, word Saterdag vanuit ʼn kerk in die ooste van Pretoria begrawe.
Duisende matrieks glo by eksamenkullery betrokke
Meer as 2 800 matrikulante en ten minste 34 onderwysers en skoolhoofde van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap was glo betrokke by grootskaalse eksamenkullery.
Drie sterf ná trok glo verbysteek
Drie mense is Vrydag dood en vier is beseer tydens ʼn botsing naby Fochville in Gauteng.
Onmin kan Stormers in Superrugby knou
`n Paar probleme in die Kaapse kamp kan `n stok in die span se wiel steek vir vanjaar se Superkompetisie. Bo-aan die lys is Allister Coetzee se huidige ontevredenheid en sy skynbaar voorgenome vertrek na Japan.
Gedagte vir die dag: Vergifnis
Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. (Ef 1:7-8)