ʼn Video van ʼn skilpad wat ʼn ander een regop help nadat hy omgeval het, is wêreldwyd baie gewild.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Desember 2014
Video: Maak ʼn mooi sterretjie vir jou Kersboom
Hierdie pragtige 3D-sterretjie is baie maklik om te maak.
Appèl teen sleutelpunte-uitspraak
Die ministerie van polisie het ʼn aansoek by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om die hof se uitspraak, dat 200 nasionale sleutelpunte bekend gemaak moet word, te daag.
Nog drie vas oor Kraaifontein-moorde
Altesaam 10 mense is nou in hegtenis geneem in verband met die moord op ses mans van Kraaifontein in Kaapstad.
Kaapstad-vrou vas oor dwelms van R7 miljoen
ʼn Vrou is in Montague Gardens in Milnerton in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel ter waarde van R7 miljoen.
Oos-Kaap-polisieman vas na hy meisie skiet
Konstabel Ezile Nxitywa (29) van die Matatiele-polisie in die Oos-Kaap, het Maandag vlugtig in die dorp se landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.
JHB-metropolisie fnuik rooftog
Twee Johannesburgse metropolisiebeamptes het Dinsdagoggend ʼn gewapende rooftog by ʼn skryfbehoeftewinkel verhoed.
Video’s: ‘Dief’ val deur winkel se dak
ʼn Vermeende rower het Dinsdagoggend vroeg deur die dak van die Crossing Superspar in Nelspruit, Mpumalanga geval.
Tiener glo verkrag tydens taxi-partytjie; drie dae lank aangehou
ʼn Taxibestuurder is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige meisie in Soweto, Gauteng verkrag het.
Man onherkenbaar vermink in Mpuma-ongeluk
ʼn Man is Dinsdag onherkenbaar vermink in ʼn ongeluk tussen ʼn motor en ʼn vragmotor op die pad na Bethal, ʼn paar kilometer buite Middelburg in Mpumalanga.
SA’ners in die buiteland: Só vier ons Kersfees in Nieu-Seeland
Pieter Labuschagne is nog nuut in Kiwiland (Nieu-Seeland). Hoewel hy nog nie die land se Kerstradisies in volle glorie ervaar het nie, is daar wel talle interessanthede wat hy met lesers deel.
Swerm bye val begrafnisgangers aan
Meer as 30 mense is beseer toe ʼn swerm bye ʼn groep roubeklaers by ʼn begrafnis aangeval het.
Kerk sluit sy deur vir vlugtelinge
Die Metodiste-kerk in sentraal Johannesburg sal teen die einde van Desember sy deur sluit vir vlugtelinge, het die New Age Dinsdag berig.
Operasie vir kleuter met 15 tone
Die driejarige Zwakele Dlamini sal ʼn operasie ondergaan om ʼn paar van sy 15 tone aan sy voete te verwyder.
Borgtog toegestaan in goud-saak
Vyf mans wat tereg staan op aanklag van die onwettige besit van goud se aansoek om borgtog is Dinsdag in die landdroshof in Pretoria-Noord toegestaan.
EFF wen hofsaak teen sanksies
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het ʼn hofinterdik gewen wat verhoed dat sanksies op sy lede in die parlement toegepas kan word, het die SAUK Dinsdag berig.
Seekoei-berig sensasiewekkend
Jessica die mak seekoei sal nooit doelbewus iemand beseer nie, het ʼn man wat glo deur die dier aangeval is, Dinsdag gesê.
Resep: Mielietert
‘n Baie eenvoudige en maklike resep met min bestanddele: perfek vir enige vakansie!
Slagting op paaie: Vinger wys hierna
Die slagting op die land se paaie bereik nou in die feestyd oudergewoonte weer ’n hoogtepunt. Herman Toerien neem die ontstellende kwessie van padsterftes in oënskou.
Voedselinflasie kan daal, sê Agri SA
Verbruikers kan uitsien na ʼn verlangsaming en selfs afname in voedselprysinflasie, volgens Agri SA.