Die Krugerwildtuin het die plan om sommige van sy renosters te verskuif om hulle so teen stropers te beskerm, nou in alle erns begin uitvoer.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 Oktober 2014
Video: “Ons sal grondwet respekteer”
Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming het weer die versekering gegee dat die herverdeling van grond soos wat dit in Zimbabwe uitgevoer is, nie in Suid-Afrika toegelaat sal word nie.
Vyf vas vir renosterstropery
Vyf vermeende renosterstropers is Vrydag in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke gesê.
Man sterf ná motor by krans afstort, in see beland
‘n Man is dood nadat hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor het en by ʼn krans af gery het tussen Bakoven en Ouderkraal in die Wes-Kaap.
Man vas ná rooftog by Irene Village Mall
Die polisie het ʼn verdagte in hegtenis geneem en op ʼn gekaapte voertuig beslag gelê na Vrydagmiddag se rooftog by die Irene Village Mall.
Gevangenes ontsnap uit polisievragmotor
ʼn Onbekende aantal gevangenes het ontsnap nadat ʼn groep gewapende mans losgebrand het op ʼn polisievragmotor wat gevangenes van die Ga-Rankuwa-landdroshof vervoer het.
Vier SAL-raadslede bedank
Vier nie-uitvoerende raadslede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het bedank, het die departement van openbare ondernemings Vrydag gesê.
Video’s: Stofstorms op kamera vasgelê
Moeder Natuur het Donderdag vir ʼn skouspel gesorg toe ʼn sand- en stofsstorms groot dele van die sentrale binneland in rooi gehul het.
Rooftog by Irene Village Mall
Die Telkom-winkel by Irene Village Mall in Centurion is Vrydag beroof kort na ʼn rooftog by Centurion Mall, ongeveer 10 km daarvandaan.
Twee rowers tydens Centurion Mall-rooftog geskiet
Twee mans is Vrydag tydens ʼn onderonsie met die polisie geskiet, kort nadat hulle glo ʼn selfoonwinkel in Centurion Mall beroof het.
Video: Só maak jy maklik jou eie lepel
Hier is ‘n handige wenk as jy ooit iewers sonder eetgerei sit, maar darem ‘n skêr en ‘n leë koeldrankbotteltjie by jou het. Die oulike lepeltjie is ook handig vir ‘n piekniek of selfs wanneer jy gaan kamp.
Met ander woorde- Andriëtte
Die voormalige Idols-naaswenner, Andriëtte Norman verjaar vandag; hier is die musiekvideo van haar treffer Met ander woorde.
Feëtjieland- Kleefklank
Dit is vandag die verjaardag van Dianne Chapman van die groep Kleefklank. Hier is hul nuwe musiekvideo, Feëtjieland. https://www.youtube.com/watch?v=lPihYtmysKA
Oscar Pistorius-saak: Staat soek minimum 10 jaar
Regter Thokozile Masipa het Vrydagmiddag bekend gemaak dat sy Oscar Pistorius volgende week sal vonnis nadat die verdediging en staat hul slotbetoë afgehandel het.
Nuwe vrystellings 17 Oktober 2014
Hier is ‘n aantal nuwe vrystellings wat pas tot die speel- of trefferslyste van sommige radiostasies toegevoeg is en kwalifiseer om Maroela Media se Top…
My sonskyn- Etienne Steyn
Soms gebeur dit dat ‘n liedjie so ‘n groot treffer word dat die oorspronklike komponis daarvan skielik opnuut gewild word. Laurika Rauch het vroer vanjaar…
Gauteng-rooftogte: 6 vas ná roof by Centurion Mall
Ses vermeende rowers is Vrydag in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof vroeër die oggend by ʼn selfoonwinkel by Centurion Mall in Pretoria.
Oscar Pistorius-saak: ‘Die pyn sal nie weggaan nie’
Die pyn wat Oscar Pistorius ervaar weens die dood van Reeva Steenkamp is veel erger as enige straf wat aan hom opgelê kan word, het die hooggeregshof in Pretoria Vrydag gehoor.
Video: 12 sekondes tydens Alberton-ongeluk
ʼn Twaalf sekonde lange video van Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, word wyd op sosiale media versprei.
Burgerd en Zita
Vroeër vanjaar het die mansanggroep Romanz besluit om te ontbind, en elke lid van dié groep het sedertdien sy eie projek van stapel gestuur. Adam…