Die Ekonomiese Vryheidsvegters het Dinsdag gesê alle onbesette grond in die land moet oorgeneem word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 Desember 2014
SA’ners in die buiteland: Só vier ons Kersfees in Kanada
Hoewel Karen Jordaan en haar gesin hul Kersfees in die koue Kanada deurbring, verkies hulle om dit saam ander Suid-Afrikaners te vier en die “tradisionele ding” te doen soos net Suid-Afrikaners kan. Sy skryf:
Limpopo-ongeluk eis 6
Ses mense is Dinsdagmiddag dood na ʼn ongeluk op die N1 suid naby Ysterberg in Limpopo.
Video: SA’ners vaar uitstekend in danskompetisie
Suid-Afrika se dansspan het met 22 medaljes van die wêreld-kampioenskap in Pole teruggekeer. Die jong dansers skryf hulle sukses toe aan spanwerk en toewyding.
Oppasser gevonnis ná skokvideo oor mishandeling
Jolly Tumuhiirwe (22) van Uganda wat ʼn kleuter baie erg aangerand het, is in ʼn hof in Kampala gevonnis. Beeldmateriaal van die voorval het wêreldwyd ʼn opskudding veroorsaak.
Seuntjie verdrink byna by Bloem-vakansieoord
ʼn Agtjarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagoggend onderwater aangetref is in ʼn swembad by ʼn oord naby Bloemfontein.
Nuuskommentaar: Geloftedag
Die Gelofte se viering daarna moet dus in die eerste plek staan in die lig van dit wat Jesus op aarde aan ons openbaar het. Sy opsomming van die Tien Gebooie, naamlik dat jy God en jou naaste moet liefhê (en jou vyande ook), kan nie deur die latere verstaan van ’n Gelofte ongedaan gemaak word nie.
Video: Versierings vir die Kerstafel
Dié video wys jou hoe om baie maklik Kersboompies uit servette vir jou Kersfeestafel te vou! Selfs die kinders sal kan help om dié oulike versierings te maak.
Video: Slegs vyf noordelike witrenosters oor
Net vyf noordelike witrenosters is nou nog wêreldwyd oor, nadat Angalifu, ‘n renosterbul van die San Diego-safaripark in Amerika, dood is.
Eskom waarsku weer oor beurtkrag
Eskom het Dinsdag op sy amptelike Twitter-rekening gewaarsku dat hy die gebruik van vier van sy kragopwekkers verloor het.
Reeksmisdadiger sit lank na grusame moord
Joseph Motsame (38) van Dinokana in Zeerust, Noordwes, is tot agt keer lewenslange tronkstraf gevonnis en ʼn bykomende 269 jaar vir verskeie ander aanklagte.
16-jarige vas oor stiefpa se moord
ʼn 16-jarige seun het Maandag vlugtig in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hy glo sy stiefpa uit selfverdediging vermoor het.
Gauteng-EFF ontstoke oor Malema
Ontstoke afgevaardigdes van Gauteng het Maandag uit die Ekonomiese Vryheidsvegters se verkiesingskonferensie gestorm toe bykomende lede vir die party se bestuurspan aangewys moes word.
Suur-aanval: Verhoor begin Januarie
Die saak teen Jan Pieterse (29) van Johannesburg wat glo suur oor sy eksmeisie uitgegooi het, sal in Januarie begin, het The Star Dinsdag berig.
Vrystaat-vrou moor glo man oor egbreuk
ʼn 31-jarige vrou van Trompsburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy glo haar man met ʼn mes vermoor het.
Geloftedag: Gister, vandag en môre
Laat ons op grond van hierdie eienskappe wat ons steeds met ons voorouers deel hard en duidelik “ja” vir ons uitdagings sê. Indien ons dit doen, sal die geskiedenis weer vir ons oopgaan, soos wat dit ook vir die Voortrekkers oopgegaan het, skryf prof. Danie Goosen.
Gedagte vir die dag: Jesus versoen mense met mekaar
Deur sy dood aan die kruis het Hy ’n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig. Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. (Ef 2:16, 18)