Regter Gush het vereis dat Tebele en Motsoeneng Woensdag teenwoordig moet wees en bygevoeg die saak sal in hul afwesigheid aangehoor word sou hulle nie opdaag nie.
Alles vir die sleutelwoord "SAUK"
Hierdie 12 vir SAUK-raad aanbeveel
Ná ʼn lang oggend van beraadslaging het die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie uiteindelik besluit op 12 mense wat hulle sal aanbeveel om op die raad van die SAUK te dien.
Name vir SAUK-raad vandag bekendgemaak
Die lys van 12 kandidate wat as nie-uitvoerende direkteure van die SAUK-raad sal dien, sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word.
Onderhoude vir SAUK-raad afgehandel
Die parlement se portefeuljekomitee vir kommunikasie sal binnekort hul voorkeurkandidate aankondig om in die raad van die SAUK te dien.
Zuma ʼn verwysing op CV tydens SAUK-onderhoude
Dit het Vrydag aan die lig gekom dat pres. Jacob Zuma en verskeie kabinetsministers as verwysings aangedui word op die CV van een van die kandidate wat meeding vir ʼn pos op die raad van die SAUK.
Verhoed dat SAUK die SAL word, sê kandidaat
Alles moontlik moet gedoen word om te verhoed dat die situasie by die SAUK ontaard in dit wat by die SAL gebeur het, het die voormalige rekenmeester-generaal, ʼn voornemende kandidaat vir die SAUK-raad, Woensdag gesê.
Onderhoude vir nuwe SAUK-raad begin
Onderhoude met die 35 voornemende raadslede van die SAUK het Woensdagoggend begin.
Groen lig vir SOE om SAUK te ondersoek
Pres. Jacob Zuma het die groen lig gegee vir die Spesiale Ondersoekeenheid (SO) om enige wangedrag by die SAUK te ondersoek, het sy kantoor Vrydag gesê.
Volledige kortlys van SAUK-raad bekend gemaak
LP’s sal volgende week met voornemende raadslede vir die SAUK begin onderhoude voer nadat die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie Dinsdag ʼn kortlys van 36 kandidate gefinaliseer het.
Kortlys vir SAUK-raad deels bekend
LP’s het Dinsdag eenparig besluit op 15 name vir ’n kortlys van kandidate wat vir onderhoude moet gaan vir posisies op die SAUK se raad.
Vyf mislei moontlik oor bedrywighede by SAUK
Die parlement se eenheid vir regsdienste noem in die verslag vyf mense wat die kommissie van ondersoek na die SAUK moontlik mislei het.
Kortlys vir nuwe SAUK-raadslede begin binnekort
Die proses om ʼn nuwe permanente raad vir die SAUK aan te stel, sal soortgelyk wees aan die proses wat gevolg is om ʼn nuwe openbare beskermer aan te stel.
SAUK-raad wil Aguma en Motsoeneng se pensioen weerhou
LP’s het Dinsdag gehoor dat regstappe gedoen sal word om seker te maak dat die voormalige uitvoerende lede van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng en James Aguma, se pensioenuitbetalings weerhou word.
‘Eksplisiete inhoud’ kos sepie sy naweek-omnibus
Die SAUK het ʼn Suid-Afrikaanse sepie se omnibus vir die naweek verbied aangesien daar glo eksplisiete inhoud in van vandeesweek se episodes was.
SAUK-hoë se bedanking ‘ʼn erkenning van skuld’
Die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement (Scopa) het Woensdag sy skok uitgespreek oor die skielike bedanking van James Aguma, die hoof finansiële beampte van die beleërde SAUK.
Familie blameer skokgebeure vir joernalis se dood
“Die mense naaste aan haar glo haar toestand is vererger, of selfs veroorsaak, deur die gebeure oor die afgelope jaar.”
SAUK 8-joernalis Suna Venter oorlede
Suna Venter, een van die sogenaamde SAUK 8-joernaliste, is oorlede.
Geliefde ‘7de Laan’-akteur gepos
“Met dié inkomste wat ook nou weggevat word, noop dit ons om van ons huis ontslae te raak. Ons glo dat dinge op die ou end goed sal uitwerk, maar drie maande kennis sou ons darem meer tyd gegee het om voor te berei.”
Komitee hoor oor SAUK se reuse-verlies
Die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie het Dinsdag gehoor die SAUK het in die afgelope finansiële jaar ʼn reuse-verlies gely en sal die regering nodig hê om hom uit sy finansiële verknorsing te help.
SAUK-raad steek Motsoeneng in die pad
Die voormalige uitvoerende bedryfsbeampte van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, is Maandag afgedank ná ʼn aanbeveling deur die voorsitter van ʼn dissiplinêre paneel.