Die pa van drie het glo ʼn jong vrou teen ʼn aanvaller probeer beskerm toe hy geskiet is.
Alles vir die sleutelwoord "SAUK"
Dreigbrief oor TV-lisensie: Betaal R0,00 of word beboet …
“Ek het amper agteroor geval. Iemand het my nog nooit vantevore gejaag omdat ek hulle géén geld skuld nie.”
Outa sê skrap TV-lisensies; SAUK soek ‘heffings’
Die SAUK meen ook dat die geld vir die voorgestelde heffing deur MultiChoice ingevorder moet word.
Wat maak die weermag hiér?
Die SAUK het Saterdag die teenwoordigheid van lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by van sy kantore verduidelik.
Kunstenaars dreig SAUK met hof oor tantieme
Dié tantieme kan ʼn reuseverskil maak in die lewe van kunstenaars wat reeds weens die afsonderingsregulasies swaar trek.
Radiodramakompetisie vier ʼn kwarteeu
“Klank bied soveel moontlikhede, sonder dat ʼn skrywer hom- of haarself oor ʼn begroting hoef te bekommer.”
Magdaleen Krüger groet ná 32 jaar by RSG
“Soos Amanda Strydom sing ‘skielik is ek vry’ en ek sien daarna uit. Wat gaan ek doen met my aftrede vra jy? Ek gaan vir die eerste keer in my lewe ʼn trui brei, leer tik sonder om op die toetsbord te kyk en die bekfluitjie bemeester.”
Hlaudi, nié SAUK, moet regskoste betaal – hof
Die hof het bevind Hlaudi Motsoeneng het wederregtelik meer as R900 000 van die uitsaaier se geld aan persoonlike regskoste bestee.
ANC-Jeugliga steun SABC-werknemers se protes
Die werknemers betoog teen die aflegging van ongeveer 300 vaste personeellede by die openbare uitsaaier.
Margot Luyt sterf
Huldeblyke vir Luyt het op sosiale media ingestroom.
ATM vra vir ingryping by openbare uitsaaier
Die ATM het ʼn beroep op die regering gedoen om te verseker werksgeleenthede bly behoue, terwyl hy terselfdertyd verseker alle burgers kry toegang tot programme en inligting in ʼn taal van hul keuse.
Konsultasieproses oor afleggings by SAUK afgehandel
Die openbare uitsaaier sê selfs minder werkers gaan nou deur die proses geraak word.
Petisie teen lisensie vir Netflix, Showmax
Die DA sê die openbare uitsaaier moet kreatiewe maniere vind om homself te onderhou en gelyk te breek sonder dat Suid-Afrikaners meer geld hoef te betaal.
Arbeidshof verwerp aansoek oor afleggings by SAUK
Bemawu het die SAUK hof toe gesleep en aangevoer die uitstel is onvoldoende en dat die hele proses opgeskort moet word.
SAUK: Afleggingsproses verleng
Die afleggingsproses is tot einde Desember verleng om bykomende oorlegpleging te fasiliteer.
SAUK sê oor radiostasies
“Die openbare uitsaaier neem sy mandaat om inligting, opvoeding en vermaak in alle amptelike tale te verskaf baie ernstig op.”
Afleggings by SAUK tydelik opgeskort
Die raad van die SAUK het bekend gemaak dat hy die afleggingsproses by die openbare uitsaaier vir ʼn tydperk van sewe dae gaan opskort.
RSG sluit nie, sê stasiebestuurder
“RSG, of dan die Afrikaanse radiostasie van die SAUK, gaan nie toegemaak word of ophou bestaan nie. Dit is fopnuus en dit is kwaadwillig.”
Redakteursforum bekommerd oor onbestendige SAUK
Die organisasie sê hy neem met kommer kennis dat joernaliste in talle nuuskantore bloot nie vervang word nie, wat lei tot gebrekkige vermoë om nuusgebeure landwyd te dek.
SAUK-werkers vra steun te midde van dreigende afleggings
“Ons benadruk dat die besluit nie ʼn maklike een is nie, maar dit is ongelukkig nodig vir die volhoubaarheid van die SAUK op lang termyn,” het die organisasie vandeesweek gesê.