Onreëlmatighede rondom twee kontrakte van meer as R100 miljoen by die openbare uitsaaier het aan die lig gekom.
Alles vir die sleutelwoord "SAUK"
SAUK skors werkers oor ‘sabotasie’ van Ramaphosa-toespraak
Die voorval het Donderdagaand plaasgevind toe die openbare uitsaaier die verkeerde weergawe van Ramaphosa se voorafopgeneemde toespraak op die program The Full View uitgesaai het.
Motsoeneng sê SAUK wéét hy het nie matrieksertifikaat
“Ek het baie toekennings van die SAUK en elders gekry. Volgens my is ek hoogs geleerd. As jy die notules van die SAUK nagaan, was ek verantwoordelik vir 70% van besluite wat geneem is. Niemand by die SAUK was beter as ek nie. Ek het selfs by universiteite klas gegee. Wie sê ek is ongeleerd? Dit is ʼn belediging.”
Video: SAUK sê jammer oor Ramaphosa-blaps
Kykers kon in dié uitsending sien hoe Ramaphosa ʼn fout in sy toespraak maak en dan vra om van vooraf te begin.
Zondo-kommissie hoor raadslede meng wél in by SAUK-besluite
Die raad het gevra vir voorbeelde van inmenging, waarop die drie voorbeelde gegee van onder meer ʼn staatsbeheerde instelling wat ʼn e-pos aan ʼn programvervaardiger gestuur het en aangedring het op ʼn onderhoud met sy uitvoerende hoof – wat ook ʼn SAUK-raadslid is.
SAUK-raad ontken bewerings van ‘interne onmin’
Dit kom nadat ‘n Sondagkoerant berig het drie van die SAUK se topbestuurslede het gedreig om te bedank weens voortdurende inmengery deur lede van die raad.
SAUK steeds ‘tegnies insolvent’
Die SAUK bly tegnies insolvent terwyl die openbare uitsaaier wag op finansiële hulp van die nasionale tesourie, het LP’s Woensdag gehoor.
SAUK, MultiChoice besluit oor uitsaairegte
Die SAUK het nog nie een wedstryd van die Premierliga se nuwe seisoen uitgesaai nie, hoewel sommige spanne reeds drie wedstryde in die liga gespeel het.
SAUK hof toe oor ‘onreëlmatige aanstellings’
Nóg onreëlmatige aanstellings kan met verloop van die ondersoek moontlik aan die lig kom.
Mik-en-moker-reeks bly op SAUK
Mzansi Superliga sal op die openbare kanaal uitgesaai word.
Muthambi verwerp verslag oor inmenging by SAUK
Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, het Dinsdag ʼn verslag, waarin bevind word dat sy ingemeng het met redaksionele besluite by die SAUK, verwerp.
Oud-SAUK-hoës weier om met kommissie saam te werk
Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, en sy voormalige nuushoofde Simon Tebele en Jimi Matthews, het geweier om hul kant van die saak te stel tydens ʼn ondersoek wat redaksionele inmenging by die openbare uitsaaier ondersoek.
‘Plaas SA onder sakeredding’
Te midde van hierdie finansiële verknorsing baklei die ANC met die ANC, soos kat en hond. So wat staan jou nou te doen? Anton Meijer van Pretoria FM maak ‘n paar voorstelle.
Herstruktureringshoofde by dié 4 staatsinstellings aangestel
“Ons sal môre [Woensdag] die herstruktureringshoofde vir elkeen van hierdie entiteite aankondig wat saam met die bestuur van hierdie instellings sal werk om hierdie instellings weer op koers te kry.”
Akteurs sleep SAUK hof toe
Volgens die veteraanakteur het die SAUK vir 20 jaar beëdigde verklarings van akteurs aanvaar oor hulle oorspronklike vergoeding, omdat die uitsaaier self – al is dit sy verantwoordelikheid – nie die kontrakte en besonderhede bygehou het nie.
Glo geen verdere afleggings by SAUK
Die SAUK het Sondag mediaberigte verwerp dat die openbare uitsaaier van plan is om nog personeel af te lê.
SAUK se geldelike hulp op pad
Ndabeni-Abrahams stamp glo koppe met die nuwe SAUK-raad en het ook deurgeloop onder opposisie LP’s in die parlement.
15 in hospitaal ná brand by SAUK-gebou
Vyftien mense is Dinsdag in ʼn hospitaal opgeneem nadat ʼn brand by die SAUK se Radiopark-gebou in Aucklandpark in Johannesburg uitgebreek het.
SAUK-hoë oorleef beweerde sluipmoordaanval
Thami Zikode, hoof uitvoerende ouditbeampte van die SAUK, het na bewering ʼn sluipmoordaanval oorleef.
SAUK-joernaliste in Vrystaat aangeval
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het ʼn aanval op twee SAUK-joernaliste in die Vrystaat veroordeel.