Teen dié prys dink ek dit is ʼn betroubare stel wiele, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir die sleutelwoord "Toyota"
Foto’s en video: 4×4 ATV Klub Rust de Winter-jamboree
Ek is onlangs deur Toyota Suid-Afrika genooi om aan die 4×4-jamboree deel te neem. Ek het al gehoor van dié storie by Rust de Winter, maar niks kon my voorberei op dít wat vir my en my gesin voorgelê het nie.
Toyota Gazoo Racing SA mik vir nommer een
Enigiemand met brandstof in die are het al van Giniel de Villiers gehoor. Giniel , saam met Toyota Gazoo Racing SA, mik vir hul eerste wenkans as span.
Langtermyntoets: ʼn Hilux om oor te droom
Die Hilux loop mooi, skryf Brendon Staniforth. Soveel so dat hy dié bakkie syne wil maak.
Bekendstelling: Toyota wys sy B-segment-mededinger
Toyota het gister sy allernuwe Yaris bekendgestel. Die meeste vervaardigers het verskeie modelle in verskeie segmente waarin hulle meeding. Een van Toyota se B-segment-mededingers is die Yaris.
Toyota SA herroep duisende voertuie
Toyota Suid-Afrika gaan derduisende voertuie herroep weens ʼn fout met die lugsakke in van sy modelle.
Langtermyntoets: Katse tot Margate via Sanipas
Die slote en hobbels is só erg dat sy vrou haar sin vir humor heeltemal verloor het – maar dié Hilux het nie ʼn enkele keer teleurgestel nie, skryf Brendon Staniforth.
Langtermyntoets: Dié bakkie die volmaakte reisgenoot
Brendon Staniforth skryf oor sy ervaring in die nuwe Toyota Hilux waar hy vir 4 000km ver oor berge en deur dale gery het – ʼn rit wat dié bakkie sonder een enkele protes gedoen het.
[Foto’s] Bekendstelling: Land Cruiser nié net ʼn naam nie
Hy het nog altyd na Prado’s gekyk en gedink… is dit regtig nodig? Moontlik nie, skryf Brendon Staniforth – maar wat die Prado jou kan bied in terme van onvergeetlike herinneringe het onskatbare waarde.
[Foto’s] Padtoets: Lekker dalk dwaas, maar slim is baas
Die Toyota Yaris bly getrou aan Toyota se resep. ’n Eenvoudige voertuig met ’n doelgerigte uitleg. Geen fieterjasies binne of buite nie. Die resultate bly ook die selfde
[Foto’s] Bekendstelling: Hilux én Fortuner brei uit
Die Toyota Hilux en Fortuner is stapelmodelle vir Toyota, daarom kyk hulle gedurig na hul aanbieding en probeer hul kliënte presies bied wat daarvoor hulle vra.
[Foto’s] Vergelykende toets: Een modern, een getrou, selfde resultaat?
Die Etios sou nog nooit sommer ʼn skoonheidskompetisie wen nie, maar die nuwe Sprint-model lyk baie beter as sy voorganger. Die Renault se Sandero Stepway is modern en lekker toegerus en die enjin is gretig. Brendon Staniforth stel ondersoek in.
[Foto’s] Padtoets: ʼn Japanese geskiedenisles
’n Mens het eintlik al vergeet hoe lekker ʼn eenvoudige, atmosferiese 2.0 met ʼn lekker handratkas en agterwielaandrywing kan wees. Ons is nie meer gewoond daaraan om ʼn kar te leer ken nie – sy karakter te ontsyfer en met hom te werk tot jy die beste uit hom kry. Deesdae is alles mos turboaangejaag en outomaties.
[Foto’s] Bekendstelling: Hilux is die nuwe swart
Daar is ‘n woeste oorlog aan die gang in Suid-Afrika. Ons is bitter lief vir ons bakkies, en Toyota het besluit hulle gaan die lewe nog so effens moeiliker maak vir ons. Hulle het die Hilux sopas visueel ʼn rapsie opgekikker, skryf Brendon Staniforth.
Toyota belê in Suid-Afrika se toekoms
Op ʼn wêreldwye skaal het Toyota bekendgemaak dat hulle ’n eerstevlak- Olimpiese vennoot is tot en met 2024. Dit sluit die Paralimpiese Spele ook in.
Taxi’s veroorsaak chaos in Durban
Nooddienste in Durban het Woensdag hul hande vol gehad om by ongelukstonele uit te kom, motoriste moes erge verkeer verduur en duisende pendelaars is gestrand gelaat weens ʼn taxi-staking in die stad.
[Foto’s] Padtoets: Toyota Corolla 1.4D Prestige
Alles loop al 50 jaar reg vir Corolla. Vir 50 jaar bly Toyota getrou aan die DNS van die Corolla – ʼn bekostigbare gesinsmotor. Die 11de generasie stel nie teleur nie, skryf Brendon Staniforth.
Ford SA se hoof teruggeroep na VSA
Jeffery Nemeth, die uitvoerende hoof van Ford SA, is laat Dinsdagmiddag na die VSA teruggeroep.
Plaaslike bekendstelling: Toyota C-HR – mooi moderne modes
“Ultramodern” en “ʼn taai klap in die tradisionele gesig” – só skryf Brendon Staniforth oor die splinternuwe Toyota C-HR. Hier is ʼn eerste kykie.
Plaaslike bekendstelling: Opgeknapte Toyota Hilux SRX en Fortuner
Die nuwe SRX is tipies Toyota: Goeie waarde en klasleidende werkverrigting, net in ʼn mooier pakkie as die vorige SRX. Die SRX kry nou breëbakwerk soos die duurder Raider-modelle.