Soos met die Hilux, is die nuwe 2.8 GD-6 dieselenjin van die Hilux ʼn juweel. Stil, sterk en lig op diesel. Menings verskil egter oor die Fortuner se ontwerp, skryf Brendon Staniforth.
Alles vir die sleutelwoord "Toyota"
Só sê Toyota oor Hilux-video
Toyota het reageer op ʼn video wat tans die ronde doen op sosiale media waar gebruikers gewaarsku word teen vinnige bewegings in ʼn Hilux-bakkie.
Maroela Motors-padtoets: Hilux is ʼn bielie van ʼn bakkie
Sekere dinge is eg Suid-Afrikaans. Indrukwekkend dat meeste van hierdie intrinsiek Suid-Afrikaanse dinge met B’s begin: boerewors, braaivleis, biltong, bier, brandewyn, bokkies (dames of die diersoort) – en dan bakkies.
Fortuner steeds robuus en goed toegerus
Die ‘gaan oral; doen enigiets… en doen dit in styl’-karakter van die Fortuner vul die avontuur-leefstyl aan van buitelug-Suid-Afrikaners wat ’n behoefte aan die dubbeldoelige vermoë van ’n veldry- en stadsvoertuig het.
Wenner op pad vir Toyota
Bernard Hellberg meen die nuwe Etios Cross is nóg ‘n toekomstige wenner uit die Toyota-stal.
Diewe laat staan bakkie toe hulle kind opspoor
ʼn Pa en sy negejarige seun is vinnig in Delmas herenig nadat sy bakkie, met die kind daarin, voor ʼn winkel gesteel is. SMS’e wat die ronde doen oor ʼn baba wat ontvoer is, is nie die waarheid nie. Lees die berig vir meer besonderhede.
Toyota Corolla Quest – oud of nuut?
As die wêreld se grootste motorvervaardiger en met miljoene lojale aanhangers in Suid-Afrika, was dit eintlik logies dat hierdie Japanse reus ‘n strategie in plek sou stel om sy markaandeel nog verder uit te brei.
Toyota laat vorige Corolla herleef
Omtrent drie maande nadat die elfde generasie Corolla in Suid-Afrika bekendgestel is, het Toyota aangekondig dat die vorige generasie sal herleef.
Kort motorstories van oraloor
Lexus Lexus, Toyota se luukse afdeling, het skielik besef dat sy mark toenemend neig na kleiner en meer kompakte sportnutsvoertuie (SUVs). Die NX, ʼn nuwe…
Video: Duisende Toyotas in SA herroep
Duisende Toyotas in Suid-Afrika gaan na verwagting herroep word.
Padindrukke: Toyota Corolla 1,6 Prestige
Toyota het verlede jaar tydens die Johannesburgse Internasionale Motorskou die 11de generasie Corolla aan die publiek gewys. Die model wat die beste behoort te verkoop, is die 1,6 Prestige, en dit is die model wat Daantjie Badenhorst vir ‘n toetsrit geneem het.
Toyota brei RAV4-reeks uit
Toyota se gewilde RAV4 sal sy posisie in die hartjie van die middelgrootte-sportnutsmark met die bekendstelling van ’n splinternuwe model en opgekikkerde toerusting versterk.
Man vas oor 20 skape in Tazz
ʼn Man is in Ermelo in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy met 20 gesteelde skape in sy Toyota Tazz betrap is.
Toyota se wenner – nou ook mooier
Het jy geweet dat twee splinternuwe Corolla’s elke minuut van elke liewe dag iewers in die wêreld uit een van Toyota se fabrieke ry?
Toyota se nuwe waterstof-konsepmotor
Toyota het Maandag by die 2014 internasionale elektroniese-verbruikersware-skou (CES) ʼn nuwe konsepmotor van ʼn brandstofselvoertuig (FCV) bekend gestel wat waterstof met lug kombineer om die voertuig krag te gee.
Toyota Land Cruiser Prado – nou nog beter
Toyota se legendariese Land Cruiser Prado het ’n gedaanteverwisseling vir die 2014-modeljaar ondergaan, en pronk nou met bondiger buitestilering, ’n meer verfynde binneruim en selfs nóg beter hantering, skryf ons motorjoernalis, Bernard K Hellberg.
Toyota SA se aanslag op Dakar
Die 2014-Dakar-veldtydren in Suid-Amerika begin oor vier weke, en die inskrywingslys en wegspringnommers wat pas aangekondig is, bevestig dat Giniel de Villiers/Dirk von Zitzewitz en Leeroy Poulter/Rob Howie hulle in die geselskap van die wêreld se voorste veldtydrenjaers sal bevind.
Toyota-motorsport bult spiere
‘n Onpretensieuse klein motortjie wat Toyota se naam hoog hou as volumeverkoper – die Yaris – is besig om in ’n gespierde klein tydrenmotor in die hande van Glyn Hall te ontwikkel.
Staking in die motorbedryf
Sowat 31 000 Numsa-werkers in die motorbedryf het Maandag begin staak nadat loononderhandelings verlede maand ‘n dooie punt bereik het.
Staking by Toyota
Werkers by Toyota se Boshoku-aanleg in Durban gaan van Woensdag af begin staak.