Alles vir Maandag 23 Maart 2015

Boek: Bambaduze

Die uitdrukking “Bambaduze” is die hoofkarakter se uitspraak van die Zoeloe-frase wat “hou my vas” beteken. Na sy broer se dood en sy ma wat hulle verlaat het om in Engeland die trauma van haar kind se dood te probeer ontvlug, lei Jurie en sy pa ’n afgesonderde lewe in Pretoria. Maar Jurie, ’n gemiddelde Gr 11 seun, lei ’n dubbele lewe.