Rustenburg Warriors hou Donderdag al sy jaarvergadering met die oog daarop om sy vere vir die 2017-seisoen reg te skud.
Lees meerAlles vir Sondag 21 Augustus 2016
‘Skiet my dood,’ smeek Witbank-vrou glo na moorde
ʼn 37-jarige vrou van Witbank in Mpumalanga wat glo haar ma en suster doodgeskiet het, het polisiebeamptes op die toneel na bewering verskeie kere gesmeek om haar dood te skiet ná dit wat sy aan hulle gedoen het.
Golden Gate-busongeluk: Busbestuurder nog nie aangekla nie
Die bestuurder van ʼn bus wat in die Golden Gate-natuurreservaat gerol en die lewens van 11 personeellede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag geëis het, is nog nie aangekla nie.
Gautenger verdrink by Umdloti
ʼn Vakansieganger van Gauteng het Sondagmiddag by Umdloti aan die KwaZulu-Natalse noordkus verdrink.
ANC gee R500 000 vir stemme, sê EFF
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Sondag ʼn ANC-burgemeesterskomiteelid daarvan beskuldig dat hy kontant vir opposisiepartye aanbied om seker te maak dat die ANC die Johannesburgse metro behou voor die eerste raadsitting Maandag.
DA beplan groot koalisieskuif in Ekurhuleni
Die Demokratiese Alliansie in Ekurhuleni het alle opposisiepartye uitgedaag om die wil van die mense te volg, soos hulle op 3 Augustus gestem het, en die ANC te ontsetel.
DA reageer ná Zuma se appèl oor aanklagte
Die Demokratiese Alliansie het ʼn beëdigde verklaring by die hoogste hof van appèl ingedien in reaksie op korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma.
[Foto’s] Oud-SA’ner sterf ná fratsgolf gesin tref
Rudy Bruynius, oorspronklik van Johannesburg, is Vrydag dood nadat hy en sy gesin tydens ʼn vakansie in Newquay, in Cornwall, Engeland, deur ʼn fratsgolf van rotse meegesleur is.
‘Noem My Skollie’-fliek by Pollsmoor vertoon
Dit is die eerste film wat nog ooit in hierdie maksimum-gevangenis vertoon is, voordat dit landswyd op die grootskerm vrygestel word.
Ma, suster glo deur Witbank-vrou doodgeskiet
Twee vroue is Vrydagaand in Witbank, Mpumalanga vermoedelik deur ʼn gesinslid doodgeskiet.
0%-verhoging: Kry net die geld, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het die minister van finansies en die minister van hoër onderwys opdrag gegee dat daar volgende jaar geen verhoging mag wees in klasgelde vir studente in 2017 nie.
50 sterf tydens bomaanval by troue
Minstens 50 persone is Saterdag dood en talle beseer tydens ʼn bomaanval by ʼn troue in Gaziantep, Turkye.
‘Profeet’ in hof oor verkragting
Walter Magaya, stigter en leier van die Prophetic Healing and Deliverance (PHD)-bediening in Zimbabwe, het Saterdag in die hof verskyn op aanklag van verkragting.
Olimpiese Spele: Alle oë op die marathonatlete
Draai die horlosie terug na 1908 in Londen toe die Suid-Afrikaner Charlie Hefferon voorgeloop het met net 2 km oor, maar ʼn glas sjampanje saam met een van die ondersteuners langs die pad geniet het.
Golden Gate-busongeluk: Slagoffers se name bekend gemaak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die name bekend gemaak van die 11 vroue wat omgekom het na ʼn busongeluk op die R712 in die Golden Gate-natuurreservaat naby Clarens in die Vrystaat.
Drie beseer tydens ongeluk met ambulans
Drie persone is Saterdagmiddag beseer tydens ʼn ongeluk met ʼn ambulans in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Caster se goud verseker 10 medaljes vir SA
Dit is die derde keer in die geskiedenis van Suid-Afrika se deelname aan die Olimpiese Spele dat die land 10 medaljes kon verower.
Gedagte vir die dag: Blymoedige Jesus
Toe sê Jesus vir haar: ‘Dit is Ek, Ek wat met jou praat.’ (Johannes 4:26)