Dis weereens Elsenburg teen Grootfontein in die eindstryd Vrydag om die IPJ du Plessisbeker in die Suid-Afrikaanse Landboukolleges se Pannar-toernooi.
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Julie 2017
SWD-liga: kampioen kry derde pak slae vanjaar
Die Suidwestelike Distrikte se verdedigende kampioen, Evergreens van Pacaltsdorp, het Saterdag sy derde pak slae in vanjaar se Premierliga op die lyf geloop.
Goue Leeus kies Bok op die bank teen Griekwas
Die kollig in die halfeindstryd tussen die Goue Leeus-vyftiental en die Griekwas Sondag in Mdantsane sal ook skerp op die vertoning van ʼn Springbok-senter van die Johannesburgse bank af val.
Staking by lykshuise is verby
Dr. Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid, het Donderdag gesê die uitgerekte staking deur forensiesepatologie-beamptes is verby.
Valke trek ‘onwettige myners’ vas by goudmyn
Ses mans, tussen 24 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie, die onwettige handeldryf in edelmetale en die onwettige besit van goud en diefstal.
Man in hof wat glo staatskaping-sluipmoorde beplan het
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy beplan het om senior regeringsbeamptes insluitend lede van die kabinet, vermoedelik begunstigdes van staatskaping, te vermoor, het Donderdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
Organisasies verwelkom Strafhof-uitspraak oor Al-Basjir-saak
Amnestie Internasionaal en AfriForum het Donderdag ʼn uitspraak deur die Internasionale Strafhof, dat Suid-Afrika versuim het in sy plig om die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem, verwelkom.
China se kontantinspuiting vir Eskom
Eskom het Donderdag ʼn leningsooreenkoms van US$1,5 miljard (ongeveer R19,6 miljard) met die China Development Bank (CDB) aangegaan om die Medupi-kragaanleg in Limpopo te finansier.
Staking dreig by dieretuin
Die Pretoriase dieretuin het Donderdag gewaarsku dat sy werkers binne die volgende 48 uur moontlik kan begin staak nadat daar nie aan werknemers se eise voldoen is nie.
ToekomsVenster: Span jou seile
Here, ek vang myself dikwels ongeduldig waar ek versoek word om my seilboot te vervang met ’n roeiboot of motorboot; waar ek ten volle in beheer kan wees. Ek wil nie wegroei van my roeping af nie. Ek kies om myself elke dag aktief vir U te gee, sodat U my kan stuur in die rigting waarin U wil.
Familie vra om hulp ná Jhb-man (50) vermis raak
Cook sê haar broer se selfoon was aanvanklik net afgeskakel, maar sy nommer bestaan glo sedert Woensdagaand nie meer nie. Die gesin het in dié stadium geen leidrade oor waar hy kan wees nie.
Strafhof lewer uitspraak oor Al-Basjir-saak
Die Internasionale Strafhof het Donderdag uitspraak gelewer in verband met die Suid-Afrikaanse regering se versuim om Omar al-Basjir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.
Om wiskunde te slaag dalk nie ʼn vereiste vir gr. 7, 8 en 9
Hy het aangevoer die slaagvereistes vir gr. 7 tot 9 is tans hoër as die vereistes vir gr. 10 tot 12. Die verandering aan die senior fase se slaagvereistes is ʼn poging om dit beter met dié van gr. 10 tot 12 te belyn.
Afrikaanse aktrise se broer sterf skielik
“Woorde het ek nie. Dis die Here se wil. Hy beskik.”
BLF sê joernaliste ‘vertrou nie die polisie’
Sanef het Donderdag ʼn dringende hofaansoek gebring om ʼn interdik teen die Black First Land First-groep aan te vra.
Amor Vittone en kinders gedreig, geïntimideer
Die dreigemente bevat glo persoonlike inligting wat net Vittone se naaste familie en gesinslede weet.
Uitmuntende nuwe reekse in Julie op Showmax te sien!
Die sewende maand van die jaar het aangebreek en hierdie Julie bring Showmax vir jou uitmuntende nuwe reekse!
Rusie lei glo tot huisbrand waarin man sterf
“Anita het die veiligheidsbeamptes gevra om nie vir Rudi terug te laat in die kompleks nie, omdat hy gedreig het om hulle dood te maak. Hy het egter deur die heining gery.”
[Video] Rondloperbrak steel die kollig
Die Weense Kamerorkes het onlangs ʼn buitelugvertoning in Turkye gehou, toe ‘n nuwe lid onverwags by hulle aangesluit het.
[Foto’s] Padtoets: Ford en Suid-Afrika skryf al dekades aan dié roman…
As jy inklim, gryp die Recaro-sportsitplekke jou om die lyf soos jy nog nooit vasgehou is nie. Druk die knoppie en die juweel van ’n enjin blaf aan die gang. Jy weet oombliklik die ingenieurs het nie omgegee of jy die bure steur nie, skryf Brendon Staniforth.