Die man wat die polisie Donderdag in verband met die moord op die 5-maandeoue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), aangekeer het,…
Alles vir die maand Junie 2012
Kind beseer ná 100kg hek op hom val
ʼn 9-jarige seun is ernstig beseer na die hek van sy ouerhuis in Falcon Ridge, Gauteng, op hom geval het. Die hek het nagenoeg 100kg geweeg.
Brakkie die lelikste in die wêreld
ʼn Haarlose brakkie van Brittanje, Mugly, is Vrydagaand as die wêreld se lelikste hondjie aangewys.
Man skiet polisielede en homself
‘n Polisiebeampte en twee lede van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is Vrydagaand geskiet terwyl hulle ‘n huis in Randfontein, Gauteng, deursoek het.
Bulkalf vir skaars Sumatraanse renoster
Slegs die vierde Sumatraanse renostertjie, ‘n bulkalfie, die afgelope eeu is in gevangenskap gebore.
Paartjie beseer na voertuig klip tref
ʼn Paartjie is Vrydagaand ernstig beseer nadat hul voertuig ʼn groot klip op die R70 buite Rosendal in die Vrystaat getref het.
JHB-botsing eis lewe
ʼn Man is dood en vier mense beseer nadat twee voertuie vroeg Saterdagoggend in Roodepoort, Johannesburg, gebots het.
ANC-jeugliga: Nie jammer oor uitsprake
Ronald Lamola, die adjunkpresident van die ANC-jeugliga, het Vrydag aan AfriForum Jeug gesê hy weier om verskoning te vra vir sy onlangse uitsprake oor boere se veiligheid.
Boer wat geskiet is: Seun blameer ANC-jeugliga
Johan van Rensburg (77), die boer van Limpopo wat Woensdag vermoor is, se seun blameer die ANC-jeugliga vir die skietery.
Solidariteit Beweging knap skool op vir hul 110de verjaardag
Honderde vrywilligers en die leiers van die Solidariteit Beweging het Vrydag opknappingswerk by een van die armste skole in Pretoria-Wes, Hoërskool Hercules, gedoen.
Kaapstad: Neusie verby vir gesels en ry
ʼn Munisipale wet tree op 1 Julie in Kaapstad in werking wat verkeerspolisie die reg gaan gee om beslag te lê op selfone wat deur motoriste gebruik word.
Nuuskommentaar: Stemme van redelikheid en stemme wat onbeheerde vuur spoeg
‘n Stem gister uit Nederland wat vir Nederlanders bedoel is, maar wat net sowel vir Suid-Afrika bedoel kon wees, en Die Burger se hoofartikel vanoggend sing ‘n perfekte melodie van harmonie. Miskien toevallig, maar hoogs tydig.
Duisende polisielede ly aan depressie
Meer as 10 000 polisielede ly aan depressie en ʼn verdere 2 700 aan posttraumatiese stres as gevolg van stresvolle werksomstandighede.
Baba Wiehan: Moordenaar dalk vasgetrek
Die vermeende moordenaar van die 5-maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), is moontlik vasgetrek.
Grootste oseaanbewaringsgebied verklaar
Australië het onlangs ʼn groot marine-gebied as bewaringsgebied verklaar, en sodoende ʼn presedent van oseaanbewaring vir ander lande geskep.
Pendelaars skiet glo taxibestuurders
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco) in die Wes-Kaap het Donderdag gesê hy is stomgeslaan oor die moord van twee taxibestuurders.
13-jaaroue moordsaak: Geheime ooggetuie bekend
Die geheime ooggetuie in die 13-jaaroue moordsaak van Betty Ketani is uiteindelik bekend.
Seerower-gyselaars: Geen losprys betaal nie
Die departement van internasionale betrekkinge het Donderdag gesê dat hulle nie bewus is van enige losprys wat vir die Suid-Afrikaanse paartjie, wat deur Somali-seerowers gyselaar gehou is, betaal is nie.
GHA-gedigtekompetisie ‘n uitlaatklep vir digters
Enige iemand wat lief is vir poësie en graag hulle gevoelens in digvorm op papier neerpen, word uitgenooi om voor Saterdag 30 Junie 2012 hulle gedigte aan die GHA te stuur.
Velvet Sky finaal gelikwideer
Velvet Sky lugredery is Donderdag deur die hooggeregshof in KwaZulu-Natal bankrot verklaar.