Christoph Sauser, die verdedigende kampioen en Jaroslav Kulhavy, Olimpiese kampioen, het Sondag gesamentlik as die Burry Stander-Songo-span die 10de Absa Cape Epic-fietsrywedren gewen.
Lees meerAlles vir Sondag 24 Maart 2013
Slegs 5 van die 19 gestrande walvisse gered
Vyf van die 19 walvisse wat by Noordhoek in Kaapstad gestrand het, is Sondagmiddag in die see vrygelaat.
Proteas wen reeks
Die Proteas het die eendagreeks van vyf wedstryde teen Pakistan gewen, toe die Suid-Afrikaners die besoekers in Benoni met ses paaltjies geklop het.
Twee vas oor onwettige aktiwiteite
Twee mans is in verband met manlike geslagsorgaanvergrotingsmedisyne in Booysens, Johannesburg, aangekeer.
Vrou vas ná tref-en-trap
‘n 24-jarige vrou is Saterdagaand by haar huis in Radiokop, Roodepoort, in hegtenis geneem nadat sy ‘n voetganger doodgery en toe weggejaag het.
SA-prof gaan eerste digitale menslike brein bou
‘n Suid-Afrikaanse neurowetenskaplike hoop om nuwe inligting oor geestesversteurings te bekom deur die wêreld se eerste digitale brein te bou.
Foto’s: 19 walvisse strand in Kaapstad
Negentien loodswalvisse het Sondagoggend by Noordhoekstrand in Kaapstad gestrand.
Seacom-kabel dalk deur anker beskadig
Mark Simpson, hoof uitvoerende beampte van Seacom, sê die beskadigde ondersese datakabels sal moontlik binne die volgende week herstel word, maar hulle ervaar steeds uitdagings met hersteldienste.
Hartaanval toe onskuldige ná 23 jaar vrygelaat word
David Ranta van New York, Amerika, wat meer as twee dekades lank tronkstraf uitgedien het vir ‘n misdaad wat hy nie gepleeg het nie, het ‘n hartaanval gehad die dag ná sy vrylating.
Ouma het verkragters nou al 4 keer afgeweer
‘n Pensioenaris het nou al vier pogings tot verkragting deur seuns, jonk genoeg om haar kleinkinders te wees, in KwaZulu-Natal oorleef.
Twee dood ná skietery by Amanzimtoti
Twee mans is Sondagoggend dood ná ‘n skietvoorval naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.
Exxaro-staking beëindig
Die staking by verskeie Exxaro-aanlegte het tot ‘n einde gekom toe die werkers ingestem het om volgende week terug te keer na hul poste.
Plaasaanvalle: “Boere moet in kontak bly met mekaar”
Thandi Modise, premier van Noordwes, het sy skok uitgespreek dat die vermoorde Eric Labuschagne, ‘n bekende hondeteler, en sy 78-jarige ma wat in ‘n badkamer toegesluit was, eers ná ‘n week in hul huis aangetref is.