Die minister van internasionale betrekking en samewerking sê die regering het stappe geneem om die Suid-Afrikaanse egpaar wat in Jemen ontvoer is te bevry.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 Junie 2013
Hy kry sy graad ná 17 jaar
Joseph Khohlokoane (44), ʼn skoonmaker by ʼn vulstasie, het Vrydag sy graad in sosiale wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad gekry nadat hy dit 17 jaar terug voltooi het maar nie sy studieskuld kon afbetaal nie.
Burgemeester geskors oor foto’s van geslagsdeel
Jonas White, burgemeester van die Cederberg-munisipaliteit, is uit die ANC geskors nadat hy onder meer skuldig bevind is aan seksuele teistering.
Solidariteit vergader met Motlanthe oor arbeidsonrus
‘n Afvaardiging van Solidariteit, insluitend Flip Buys die uitvoerende hoof van die vakbond, het Vrydag op uitnodiging met adjunkpresident Kgalema Motlanthe by die Uniegebou oor die arbeidsonrus en gepaardgaande uitdagings in die mynboubedryf vergader.
Foto’s: Digte mis veroorsaak chaos op N4
Digte mis op die N4-snelweg het Vrydagoggend chaos veroorsaak en vermoedelik tot ʼn kettingbotsing gelei waarin ʼn bejaarde vrou dood is en 15 voertuie betrokke was.
AfriForum eis bedanking van Madibeng-munisipaliteitbestuurder
AfriForum het Vrydagoggend ʼn memorandum by die Madibeng-munisipaliteit in Brits oorhandig waarin daar versoek is dat die munisipale bestuurder, Monde Juta, onmiddellik bedank.
DA skenk R1 miljoen vir Outa
Die DA gaan R1 miljoen bydra wat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) benodig om hul hofgeding teen die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë voort te sit.
BBQ-kortrib op die Koreaanse manier
Smullekker braai idee vir die naweek voor die koue ons tref.
Vermiste PTA-tiener dalk in Germiston
Carla Nel, ʼn 13-jarige tienermeisie van Pretoria, word sedert 5 Junie vermis en daar word vermoed dat sy dalk in Germiston mag wees.
Dokter van “One flew over the cuckoo’s nest” sterf
Die direkteur van die Oregon State Hospital waarin die epiese rolprent, One flew over the cuckoo’s nest verfilm is, dr. Dean Brooks, is in die ouderdom van 96 oorlede.
Nuuskommentaar: Riooletiek
Die uitdrukking “rioolpolitiek” het nie uit die lug geval nie. Dit beskryf die laagste vlak van vuil politiekery waartoe ‘n mens kan daal.
ANC ondersoek Sedibeng-burgemeester wat glo dronk bestuur
Die ANC in Gauteng het gesê hulle gaan hul eie ondersoek van stapel stuur nadat Mahole Simon Mofokeng, Sedibeng se burgemeester, vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem is.
Uitdrukking: Daar kom dadels van
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Daar kom dadels van’.
Gedagte vir die dag: “Sy rus”
Teks: Mt. 11: 28: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Selfs vir gelowiges word dinge…
Man deur eie vragmotor omgery
ʼn 34-jarige man van Pretoria is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy vermoedelik in ʼn fratsongeluk deur sy eie vragmotor raakgery is.
ANC-jeugliga staar likwidasie in gesig oor R15 miljoen-kongres
ʼn Likwidasie-aansoek teen die ANC-jeugliga word Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor.
Petroljoggie met plank doodgeslaan
ʼn Man verskyn binnekort in die Mitchells Plain-landdroshof in Kaapstad nadat hy glo ʼn petroljoggie met ʼn plank doodgeslaan het.
Limpopo-eksamen begin uiteindelik
Leerlinge in Limpopo begin uiteindelik vandag met hul halfjaareksamen. Dié eksamen moes al Maandag begin het, maar is uitgestel weens ʼn tekort aan fondse.
Malema in hof vir aanranding
Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, is op waarskuwing vrygelaat nadat hy Donderdag in die hof verskyn het op aanklag van aanranding.
Man kry 20 jaar na hy tiener verkrag
ʼn Man wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn 12-jarige meisie verkrag het is Donderdag in die Dundee-streekshof in KwaZulu-Natal tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.