Die korrupsiesaak teen Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), is Maandag in die Polokwane hooggeregshof tot volgende jaar uitgestel.
Alles vir Maandag 18 November 2013
Steve en Janine wil troue klein hou
Steve Hofmeyr het Maandag sy dilemma oor wie hy en sy verloofde, Janine van der Vyver, na hul troue toe gaan nooi, met sy ondersteuners gedeel. Hofmeyr en Van der Vyfer het in September 2011 verloof geraak.
Aardskudding tref JHB
ʼn Aardskudding wat vier op die grootheidskaal geregistreer het, het die Johannesburg-omgewing Maandagoggend getref.
Resepteboek: 7de Laan vier fees!
Die eerste 7de Laan-kookboek was drie jaar gelede ‘n reuse-sukses. Sedertdien het boekhandelaars en kopers gevra vir nóg! Met die verskyning van ‘7de Laan vier fees!’ word hierraan gehoor gegee.
Nóg ʼn video van ʼn JHB-kaping
Nóg ʼn skokvideo is op YouTube gelaai wat wys hoe ʼn groep mans ʼn voertuig in Johannesburg se middestad kaap.
Woord: kosmetiek; maskara
Al ooit gewonder waar die woorde “kosmetiek” of “maskara” vandaan kom? Taaltoffie ondersoek vandag dié gebruik deur die vrouenasie.
Pensioenaris sterf in Harley-ongeluk
ʼn Man is Sondagaand dood ná ʼn ongeluk met sy Harley Davidson-motorfiets in Johannesburg.
Besige naweek vir JHB-polisie
Die Johannesburgse polisie het oor die naweek 72 mense vir verskeie misdade in die Johannesburgse middestad aangekeer.
Nuuskommentaar: Beskou enigeen in SA nog nie-rassige politiek as wenslik?
Die onlangse stemming oor ‘n rasgebaseerde wetswysiging in die parlement en die bohaai daarna oor die DA se aanvanklike steun daaroor, het die kwessie van rassepolitiek sterk op die voorgrond geplaas.
Maroela Media Top 20 18 November 2013
Kaalvoekind- Juanita, Ruan en Franja du Plessis Sandra Prinsloo- Mwah! en Elvis se Seun Land van melk en heuning- Bok van Blerk Hier binne my-…
Driejarige verdrink in huisswembad
ʼn Driejarige seuntjie is dood nadat hy Sondagmiddag in ʼn huisswembad in Pinetown, KwaZulu-Natal, verdrink het.
AfriForum stel opname van plaasaanval beskikbaar
AfriForum sal Maandag ’n video wat beeldmateriaal van ’n gepoogde plaasaanval bevat, tydens ‘n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar stel. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal dit sensitiewe kykers moontlik ontstel.
Polisie gereed vir Malema-hofsaak
Die polisie is op hoë gereedheid geplaas vir Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), se korrupsie-verhoor Maandag in die hooggeregshof in Polokwane.
Vier sterf in ongeluk
Vier mense, insluitend ʼn jong seun, is dood en ʼn baba is ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het Sondagaand op die R59 naby Vereeniging omgeslaan het.
Woede oor TV-aanbieder wat leeu jag in SA
ʼn Aanlynpetisie wat die Suid-Afrikaanse regering versoek om Melissa Bachman, ʼn Amerikaanse TV-aanbieder en jagter, te verbied om weer na Suid-Afrika te kom, is reeds deur meer as 77 000 mense onderteken.
Gedagte vir die dag: Om jouself lief te hê
Matteus 22:39 – En die tweede, wat hiermee gelyk staan is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Matteus 22:39 “Hoe kan ʼn mens jouself liefhê-…