Die akteur Nico Liebenberg (58) is Sondag dood aangetref naby sy huis in Orchards, noord van Pretoria, nadat hy Donderdag vermis geraak het.
Lees meerAlles vir Maandag 20 Januarie 2014
Mugabe verskyn in openbaar
President Robert Mugabe van Zimbabwe het sy eerste openbare verskyning die jaar gemaak en gerugte dat hy dood is die nekslag toegedien.
Minister: ‘Bafana Bafana is ʼn spul ondraaglike, nuttelose individue’
Fikile Mbalula, minister van sport, het Bafana Bafana vandag skerp gekritiseer nadat hulle Sondagaand teen Nigerië verloor het en uit die Afrikanasies-kampioenskap geskakel is.
Polisie rand joernalis glo aan oor omkoop-foto’s
‘n Joernalis van die Daily Sun is glo deur polisiebeamptes aangerand nadat hy foto’s geneem het van polisiebeamptes wat glo omkoopgeld aanvaar het.
SA aktrise dood aangetref
ʼn Suid-Afrikaanse aktrise wat bekend was vir haar rol in die sepie Isidingo is Maandag in haar huis dood aangetref.
Pa wat glo dogter verkrag se saak eers teruggetrek
Die aanklagte teen ʼn 56-jarige pa van Mpumalanga wat daarvan verdink word dat hy sy dogter verkrag en swanger gemaak het meer as 15 jaar gelede, is Maandag voorlopig teruggetrek in die Bosbokrand-landdroshof.
Video: Sewejarige doen tweedegraadse brandwonde op
Die eerste skooldag van die nuwe jaar het vir ‘n sewejarige meisie van Phalaborwa in ‘n nagmerrie ontaard.
Eskom se salarisverhoging stel teleur
Die vakbond Solidariteit het vandag sy teleurstelling uitgespreek oor Eskom se 5,6%-verhoging op sy werknemers se basiese salaris in die 2013/2014-boekjaar.
Vermeende toeris sterf in sweeftuig-ongeluk
‘n Man wat vermoedelik ʼn toeris van Noorweë is, is Maandag dood in ʼn sweeftuig-ongeluk by die Tempe-lughawe in Bloemfontein. Volgens Luyanda Majija, ʼn woordvoerder…
E-tol by Verbruikerskommissie verkla
Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag teen e-tol by die Verbruikerskommissie indien, en die kommisie vra om te kyk na beweerde misbruik van die stelsel deur Sanral.
Die Heuwels Fantasties se Wens jy was hier
Suid-Afrika se voorste alternatiewe popgroep, Die Heuwels Fantasties, is terug met nuwe klanke.
Driejarige van Potch sterf ná sy uit voertuig geslinger word
ʼn Driejarige dogtertjie is Maandagoggend op die R53-pad buite Potchefstroom in ʼn ongeluk oorlede. ‘n Vrou het op-en-af langs die wrak geloop en haar twee maande oue babatjie in haar arms vasgeklou.
Drie sterf op pad werk toe
Drie mense is Maandag dood nadat die Toyota Venture-voertuig waarmee hulle gery het, in ʼn ongeluk betrokke was.
Diensleweringsbetogings in Wes-Rand
Die polisie is op Maandag op hoë gereedheid geplaas by die Princess informele nedersetting in Roodepoort nadat inwoners verlede week daar begin betoog het.
Geheimsinnige Marsklip boul wetenskaplikes
Twaalf Marsdae gelede was dit nie daar nie, maar skielik wys foto’s op Mars die teenwoordigheid van ‘n vreemde klip op ‘n plek waar daar met die vorige foto-sessie nog niks was nie.
Video: Lank lewe papier
Elektroniese toestelle het in baie opsigte papier vervang, maar dié tong-in-die-kies-advertensie bewys dat daar nog steeds ‘n behoefte vir papier bestaan.
Tshwane-metro erken omstrede Zuma-begeleiding
Die Tshwane-metro het Maandag bevestig dat Pretoria se metropolisie president Jacob Zuma en adjunkpresident Kgalema Motlanthe uit die provinsie begelei het vir ʼn ANC-verkiesingsveldtog verlede week.
Video: Jamaika-span goedgekeur vir bobslee by Olimpiese Spele
Die Jamaikaanse bobslee-span het gekwalifiseer vir die 2014 Olimpiese Spele in Sochi
Vroue vas ná kleuters sterf tydens “duiwelsuitdrywingseremonie”
ʼn Tweede vrou is in hegtenis geneem nadat twee jong kinders glo tydens ʼn beweerde duiwelsuitdrywingseremonie gesterf het
Channelle Henning-saak: Nico betaal R10 miljoen se sekuriteit
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Maandag gehoor dat Nico Henning, die vermoorde Chanelle Henning se vervreemde man en die beweerde meesterbrein agter haar moord, het R10 miljoen in sekuriteit aan die staat verskaf om te verseker dat hy op borgtog vrygelaat kan word, berig EWN.