Die ANC het Maandag ʼn nuwe app beskikbaar gestel waarmee jongmense op hoogte kan bly van dié party se aktiwiteite.
Alles vir Maandag 20 Januarie 2014
Aardbewing laat Hobbit-arend omtuimel
Die bekende Hobbit-arend in die lughawegebou van Wellington, hoofstad van Nieu-Seeland, het van sy kabels losgeruk toe ‘n aardbewing die eiland Maandag getref het.
Mandela se oudste dogter is “onkundig”
Oud-pres. Nelson Mandela se oudste dogter, Makaziwe Mandela, is onkundig oor haar familie se geskiedenis, het die AbaThembu koninklike huis aan The New Age gesê.
Ruimtetuig vandag “wakker gemaak”
‘n Ruimtetuig van die Europese Ruimteagentskap, Rosetta, word vandag “gewek” na dit in 2011 “aan die slaap” gemaak is.
Betoging in Mpumalanga oor watertekort
Een man is tydens ʼn diensleweringsbetoging in Pienaar, Mpumalanga, in hegtenis geneem.
Twee vroue vas oor gekaapte voertuig
Twee vroue is in Soweto in hegtenis geneem nadat hulle glo met ʼn gekaapte voertuig betrap is, het die polisie in Gauteng Maandag gesê.
Mothutlung-betogings eis vierde slagoffer
ʼn Vierde persoon is dood ná gewelddadige betogings naby Brits oor watertoevoer, het JacarandaFM Maandag berig.
Nuuskommentaar: Oproer by platinummyne en vrede in Sirië?
Die wêreld se probleme gaan nié die week opgelos word nie, maar hoe dit aangespreek gaan word, gaan ‘n groot impak hê op hoe die res van die jaar gaan verloop.
Boek: Een minuut
As God ʼn kind voor jou laat staan, selfs al is dit net vir ʼn minuut, is dit ʼn Goddelike afspraak.
Zuma “perdfris en gesond”
President Jacob Zuma is “perdfris en gesond”, het die presidensie Maandag aangekondig.
Shoprite verloor miljoene tydens Madiba se begrafnis
The New Age het Maandag berig hoeveel geld die Shoprite-kettingwinkelgroep verloor het toe hulle in Desember hul deure vir ʼn dag lank toegemaak het vir oud-pres. Nelson Mandela se begrafnis.
WAT Woord van die Week: grootpraat
Het jy geweet “grootpraatdruppels” verwys na sterk drank? Lees meer oor “grootpraat” in vandag se Taaltoffie.
Maroela Media Top 20 20 Januarie 2014
(1) Vir ewig- Lee scott (4) Twee- Jay (3) Spore- Elvis Blue (2) Sewe oseane- Andriëtte (7) Pad na jou hart- Joe Foster
Man glo onbewus hy jaag teen 172km/h
ʼn 40-jarige man is Sondag op die N4-snelweg naby Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, vir ‘n spoedoortreding in hegtenis geneem.
Pa in hof 15 jaar ná beweerde verkragting van dogter
ʼn Man van Mpumalanga, wat daarvan verdink word dat hy sy dogter 15 jaar gelede verkrag en swanger gemaak het, gaan na verwagting Maandag in die Bosbokrand-landdroshof hof verskyn.
Ses sterf in Vrystaat-botsing
Ses mense is dood nadat twee voertuie Sondagaand op die R705-pad naby Jacobsdal in die Vrystaat gebots het.
“Betaal e-tol vroeg, of betaal duur”
Motoriste in Gauteng, wat nie vir e-tol geregistreer het nie, moet hul rekeninge so gou as moontlik betaal om te verhoed dat hulle meer moet betaal, het Sanral Sondag gesê.
“Mickey Mouse”-partye kan nie die land bou nie
Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, het Sondag in Pretoria gesê jong politieke partye het nie die kapasiteit om die administrasie van die land te bestuur nie.
Kind betrap glo verkragter
ʼn Kind wat ondersoek wou instel oor ʼn geluid in die huis, het ʼn man betrap wat haar ma verkrag.
Boer blameer vir Swartruggens-waterprobleem
ʼn Boer wat glo ʼn waterklep toegedraai het, word blameer vir die watertoevoer-probleem Sondag in Swartruggens en die Borolelo informele nedersetting in Noordwes.