Is die wet dan nie juis veronderstel om eiendom en persoon te beskerm nie? Nie altyd nie, skryf Solidariteit se Gerhard van Onselen.
Alles vir Maandag 14 April 2014
Twee sterf in botsing
Twee mense is dood en agt is beseer nadat ʼn minbustaxi en ʼn vragmotor Sondagaand op die N3-snelweg naby Estcourt in KwaZulu-Natal gebots het.
Inwoners betoog buite JHB
ʼn Gedeelte van die R554 moes Maandagoggend vir verkeer gesluit word nadat inwoners van Weilers Farm, suid van Johannesburg, daar betoog het.
Skutter by Joodse sentrum in VSA voormalige Ku Klux Klan-leier
Drie mense is dood toe ʼn 73-jarige man Sondag op inwoners van ʼn Joodse gemeenskapsentrum en versorgingsoord vir bejaardes in Kansas losgebrand het.
Amcu-stakers daag nie op vir MIV-behandeling nie
Meer as 1 000 stakende Amcu-werkers daag nie op vir hul maandelikse anti-retrovirale behandeling nie, volgens ʼn brief wat Lonmin aan die vakbond gestuur het.
Maroela Media Top 20 14 April 2014
Rum en raspberry- Jakkie Louw Die pad- Anders Steek die vure aan- Bok van Blerk Ek moes jou gesoen het- Leah Wat die hart van…
Wit ballonne vir Oscar Pistorius
ʼn Groep mense, hoofsaaklik vroue, het die moordbeskuldigde Oscar Pistorius Maandagoggend voor die Pretoriase hooggeregshof met wit ballonne begroet.
WAT Woord van die Week: sar
Die WAT Woord van die Week is “sar”: jy kan ‘n sarrende houding hê of iemand sar tot hy dit nie meer kan uithou nie. Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind wat “sar” beteken!
Skip toegang geweier by Durban-hawe
Meer as 21 000 aktiviste in Suid-Afrika het ʼn skip met sy vrag van meer as 2 000 ton walvisvinvleis verhoed om by Durban se hawe brandstof in te gooi.
Nuuskommentaar: Steel die SAUK ‘n vry en regverdige verkiesing?
Dit is veral as die regerende party die staatsmedia en die openbare uitsaaier beheer wat die demokrasie gebrekkig word; wanneer die speelveld ongelyk word.
Twitter vergader met Turkse regering
Uitvoerende lede van Twitter sal met beamptes van die regering in Turkye vergader, het ʼn woordvoerder van die maatskappy Sondag gesê, nadat die land se eerste minister gesê het hy gaan dié sosialemedia-platform vir belastingontduiking vervolg.
Man vas wat glo gesin met byl vermoor
ʼn Man is Sondag in Douglas in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo twee gesinslede met ʼn byl vermoor het.
Centurion-busongeluk: Man dood, 61 beseer
Een man is Sondagaand in Centurion, Gauteng, dood en 61 mense beseer nadat ʼn bus ʼn ligte voertuig van agter getref het.
Oscar Pistorius se kruisondervraging duur voort
Gerrie Nel sal na verwagting Maandagoggend in die Pretoriase hooggeregshof sy kruisondervraging van Oscar Pistorius in sy moordverhoof hervat.
86-jarige van George verkrag
ʼn 86-jarige vrou is in Rosemore in George in die Wes-Kaap verkrag.
Een dood oor liefdesdriehoek
ʼn Man is Sondag by ʼn hostel in Durban, KwaZulu-Natal dood ná ʼn beweerde bakleiery oor ʼn vrou.
Sewe vas wat glo kluis opblaas
Sewe mense is in Mankweng in Limpopo in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn kluis by ʼn landboukoöperasie opgeblaas het.
Gedagte vir die dag: Die Here is oral
Psalm 139:9,10 – Al kan ek so vinnig soos lig beweeg of al gaan ek na die verste plek toe, U is daar. Die afstand…