Universiteitstudente kul openlik in toetse en eksamens, het die Sunday Times berig.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Augustus 2014
Gauteng-polisieman aan diens doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte is Saterdagaand omstreeks 21:00 in Katlehong in Gauteng doodgeskiet tydens ʼn roetine stop-en-deursoek-veldtog.
Video: Vierjarige baie hartseer oor foto
Die vierjarige Cadence is baie hartseer toe sy uitvind dat ʼn foto vir altyd weg is as hy op ʼn kamera uitgevee word. Die video is die afgelope vyf dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.
Foto’s: KZN-polisiebeampte doodgeskiet
ʼn Vroulike polisiebeampte is Saterdagaand in Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl sy aan diens was.
Akteur eis Mandela-foto terug
Die bekende akteur Leonardo DiCaprio het ʼn span prokureurs opdrag gegee om ʼn getekende foto van hom en Nelson Mandela terug te kry van ʼn memorabilia-handelaar, berig die Sunday Times.
Vrou sterf ná 50 steekwonde
ʼn Vrou, in haar laat 30’s, is Saterdagaand in Bryanston in Gauteng ongeveer 50 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek.
Goeie nuus: Gautrain-staking verhoed
Die beplande staking deur Gautrain-treinbestuurders is gekanselleer, het die Bombela Concession Company Sondag gesê.
“Verkoop Amplats aan werkers,” sê Amcu
Die vakbond Amcu is gekant teen Amplats se plan om sy myne in Rustenburg en Limpopo te verkoop en het gewaarsku dat hulle sal optree indien die transaksie sou voortgaan.
Video: Motor beland in swembad toe sandaal vashaak
ʼn 85-jarige man van Kalifornië in Amerika het Saterdagoggend met sy motor in ʼn swembad beland.
Baas van R699-skema dagvaar klant oor laster
Albert Venter, uitvoerende hoof van Satinsky, die maatskappy wat in die hof gedaag word oor die R699-motorverkoopskema, dagvaar ʼn klant vir R1 miljoen oor naamskending, berig die Business Times.
Hoe ontsnap SA die tirannie van verteenwoordigendheid?
Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, reageer op die arbeidsjoernalis, Jan de Lange, se teregwysing dat hy nie die boodskap van regstellende aksie korrek oordra nie.
Ma en baba sterf in Mpuma-ongeluk
ʼn Ma en haar baba, vermoedelik drie jaar oud, is Saterdag in ʼn ongeluk op die N4 buite Middelburg in Mpumalanga oorlede.
JHB-metropolisielid geskiet, dienspistool gesteel
ʼn Metropolisiebeampte van Johannesburg is Saterdag in Soweto, Gauteng, geskiet en van sy dienspistool beroof.
Gedagte vir die dag: Juig almal tot Gods lof en eer
’n PSALM. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel. Erken dat…