Daar is twee maniere om die swaarkry van die lewe te hanteer: kyk daarteen vas en word daardeur oorweldig, of sien God raak en leef in oorwinning.
Alles vir Vrydag 26 September 2014
Reeksverkragter was al as tiener doenig
Ashraf Dyers (19) is vandeesweek in die Mmabatho-hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes, tot lewenslange tronkstraf gevonnis op sewe aanklagte van verkragting en een van ontvoering.
`n Groot Boksege is ononderhandelbaar
Watter planne broei in Heyneke Meyer se kop vir Saterdag se belangrike toets teen Australië in die Rugby Kampioenskapsreeks?
Drie sterf in Krugersdorp-botsing
Drie mans is Donderdagaand dood en een is kritiek beseer nadat hul BMW ʼn boom in Krugersdorp, Gauteng, getref het.
Oud-Bloubul het moorde gepleeg, vrou verkrag
Die voormalige Bloubul-rugbyspeler Phindile Joseph Ntshongwana het vier mense met ʼn byl vermoor en ʼn vrou ontvoer en herhaaldelik verkrag.
Seinsteuringtoestelle op beslag gelê; verdagte vas
Die polisie in Gauteng het Donderdag ʼn verdagte in hegtenis geneem nadat daar op meer as R200 000 se seinsteuringtoestelle beslag gelê is.
SANParke-werkers in hof vir renosterstropery
Drie werknemers van SANParke wat daarvan beskuldig word dat hulle renosters in die Krugerwildtuin gestroop het, het Donderdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn.
Gedagte vir die dag: Deur riviere
As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie. (Jes 43:2)