Dit is nie net korrupsie wat tot die broekskeur mini-begroting Donderdag bygedra het nie, maar die aandeel daarvan dat die land die gordel styf – of dan stywer – sal moet intrek, kan nie onderskat word nie.
Alles vir Donderdag 23 Oktober 2014
Video: Julius Malema van aanranding aangekla
ʼn Klag van aanranding word Donderdag teen Julius Malema, parlementslid en leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), ingedien na ʼn voorval by ʼn kitskosrestaurant in Tzaneen, Limpopo wat op kringtelevisiekamera vasgelê is.
Vrou sterf in tref-en-trap
ʼn Vrou op ʼn bromponie is Woensdagaand dood in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Richardsbaai, KwaZulu-Natal.
Lewenslank gevra vir plaasmoordenaars
Die twee mans wat Peter Hackland, ʼn boer van Ixopo in KwaZulu-Natal, vermoor het moet lewenslank tronk toe gestuur word, het die hooggeregshof in Pietermaritzburg gehoor.
Man sit lank oor gru-verkragting
ʼn 25-jarige man is in die Vrystaatse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die wrede verkragting van ʼn sesjarige meisie.
Man vas na hy hom as polisievrou voordoen
ʼn 24-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat hy hom as ʼn vroulike polisiebeampte voorgedoen het, het in die Potchefstroom-landdroshof in Noordwes verskyn.
Gedagte vir die dag: Gee my krag
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. (2 Kor 4:7)