Indonesiese soek- en reddingspanne het Maandag die kajuit-stemopnemer van die AirAsia-vliegtuig wat op 28 Desember 2014 met 162 persone aan boord in die see neergestort het, opgespoor.
Alles vir Maandag 12 Januarie 2015
Leerlinge moet glo soos honde baklei
Leerlinge van ʼn skool in Springs in Ekurhuleni word glo gedwing om hondegevegte na te boots waartydens weddenskappe gemaak word op watter kind die meeste byt- en krapbeserings kan veroorsaak, het The Star Maandag berig.
Vier sterf in Sasolburg-botsing
Vier mense, waaronder ʼn vyfjarige seun, is Sondag dood en ses ander beseer nadat drie voertuie naby Sasolburg in die Vrystaat gebots het.
Oom Herrie se kerrie: Hondestrand in die binneland
Wat maak ‘n brak (of twee) as die Bloemfonteinse huismense nie tydens die warm midsomerdroogte uitwyk na die groot dam toe nie?
WAT Woord van die Week: mannekyn
Die WAT Woord van die Week is “mannekyn”
Drie kinders verdrink in Mosselbaai
Twee seuns en ʼn meisie het Sondagmiddag by Diasstrand in Mosselbaai in die Wes-Kaap verdrink.
Nuuskommentaar: Jacob van Riebeeck
Herman Toerien neem pres. Jacob Zuma se toespraak die afgelope naweek tydens die ANC se 103de herdenking onder die loep.
Veearts-moord: Verdagte in hof
ʼn Man gaan na verwagting Maandag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord en verkragting van Rensia de Wet (46), ʼn vooraanstaande veearts van die dorp.
Twee sterf in motorfietsongelukke
ʼn Vrou is Sondag in ʼn motorfietsongeluk in Pretoria-Oos oorlede en nog ʼn motorfietsryer het Sondag in Pinetown in KwaZulu-Natal gesterf.
Twee verdrink op laaste vakansiedag by Hermanus
Twee persone van Robertson in die Wes-Kaap het Sondag by Hawston-strand in Hermanus verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Vlug QZ8501: Swartbokse opgespoor
Duikers van die soek- en reddingspan in Indonesië het Maandag die vlugdataopnemer van die AirAsia-vliegtuig wat op 28 Desember 2014 met 162 persone aan boord neergestort het, opgespoor.
Gedagte vir die dag: God is die bron van vreugde
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom 15:13)