En daar is Jake White se Franse wittebrood net so vinnig verby as wat dit begin het. Dit laat die vraag: Hoe lank is `n (goeie) afrigter se rakleeftyd?
Lees meerAlles vir Maandag 12 Januarie 2015
67 dood ná hulle vergiftigde bier drink by begrafnis
Altesaam 67 mense is in Mosambiek dood nadat hulle oor die naweek vergiftigde bier gedrink het by ʼn begrafnis.
Drie vas oor Bainsvlei-moorde
ʼn Derde persoon is Maandag in hegtenis geneem vir die moord op ʼn bejaarde egpaar, Toon Swanepoel (72) en sy vrou Rienie (70) van Kwaggakraal-plaas naby Bainsvlei in Bloemfontein.
Motoris aangeval in Bolobedu-betoging
ʼn Motoris is met klippe bestook en sy motor is aan die brand gesteek tydens ʼn diensleweringsbetoging in Hlohlokwe naby Bolobedu buite Tzaneen in Limpopo.
Video: Nuwe sportkompleks in Limpopo
Thabazimbi in Limpopo het nou sy eie sportkompleks gekry wat gaan help met die sportontwikkeling van jongmense.
Eskom wil beurtkrag verhoed
Eskom het gesê hy hoop om beurtkrag te vermy nadat meeste ondernemings hul bedrywighede hervat het na die feesgety.
Universiteit nie die enigste opsie, sê Nzimande
Leerlinge wat die matriekeksamen geskryf het, kan alternatiewe opsies buiten universiteit oorweeg, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Maandag gesê.
Lyk aan Vishoek-haainet geïdentifiseer
Die polisie in die Wes-Kaap het gesê die man wie se lyk in Vishoek gevind is, is geïdentifiseer.
Boyhood kraai koning by Golden Globes
Die fliek Boyhood het koning gekraai by die 72ste Golden Globe-toekennings wat Sondag in die Beverly Hilton-hotel in Beverly Hills gehou is.
Waaghalse maak binnekort weer ʼn draai in Pretoria
Motorfietsentoesiaste en aanhangers van waaghalstoertjies sal verheug wees om te weet dat die Red Bull X-Fighters se motorfietswaaghalse beplan om weer in September vanjaar ʼn draai in die hoofstad te maak.
VF Plus wil Zuma van haatspraak aankla
Die VF Plus het gesê hy gaan president Jacob Zuma en die ANC by die Menseregtekommissie (MRK) van haatspraak aankla na Zuma se uitlatings oor Jan van Riebeeck.
Duurste skole in Suid-Afrika
Ouers wat kinders in Afrikaanse en dubbelmedium skole in Suid-Afrika het, kan ʼn sug van verligting gee as dit by skoolgelde kom.
Man in hof oor Lephalale-plaasmoorde
Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat verdink word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.
Prof. Francois Venter se ope brief aan Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU
Francois Venter, voormalige dekaan van die fakulteit regte by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, het ‘n ope brief aan prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, geskryf.
Video: Blommemeisie en ringdraer trou
ʼn Man en vrou wat twintig jaar gelede onderskeidelik die ringdraer en blommemeisie by ʼn troue was, het Saterdag met mekaar getrou.
Man en vrou tydens Bloem-plaasaanval vermoor
Twee vermeende plaasaanvallers het Maandagoggend die liggame van ʼn bejaarde man en vrou aan die Bloemfontein-polisie uitgewys nadat hulle in die slagoffers se bebloede bakkie betrap is.
Pa in hof na seun (10) vriend doodskiet
ʼn 10-jarige seun het glo per ongeluk sy negejarige vriend in Stilfontein, Noordwes doodgeskiet terwyl hy met sy pa se geweer gespeel het.
Plaasaanvaller vermoor weduwee, steek huis aan die brand
ʼn Vrou is Maandagoggend tydens ʼn vermeende huisroof op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, waarna haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is.
Resep: Portobello sampioene met spinasievulsel
Popeye die matroos was reg! Spinasie is een van die wêreld se gesondste kossoorte en met sampioene het jy ‘n wenkombinasie.
Vier metrobeamptes vas oor rooftog
Vier Tshwane-metropolisiebeamptes is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog.