Kabinetministers het Sondag gesê die selfoonsein in die Nasionale Vergadering het weens ʼn “tegniese fout” verlore gegaan tydens Donderdagaand se staatsrede.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Februarie 2015
Centurion-tiener gevind
Die 14-jarige meisie van Centurion wat Vrydagaand uit haar ouerhuis in Rooihuiskraal verdwyn het, is Sondag gevind.
Valskermspringer sterf in Rustenburg
ʼn Valskermspringer is Sondagoggend in Rustenburg in Noordwes dood.
Centurion-tiener maak kontak na sy verdwyn
Die 14-jarige meisie van Centurion wat Vrydagaand uit haar ouerhuis in Rooihuiskraal verdwyn het, het Sondag met ʼn vriendin kontak gemaak.
SA boos oor Japanese-raadgewer wat apartheid loof
Suid-Afrika het uitgevaar oor ʼn koerantrubriek waarin apartheid geloof word as ʼn model vir Japan se immigrasiebeleid.
Polisiebeampte was glo deel van staatsrede-span
Die Daily Maverick berig dat minstens een polisiebeampte deel was van die groep veiligheidsbeamptes wat EFF-LP’s Donderdagaand tydens die staatsrede uit die Nasionale Vergadering verwyder het.
Twee dood na geveg in Pta
Twee mans is dood nadat ʼn geveg in ʼn informele nedersetting in Moreletapark in Pretoria uitgebreek het.
Kopenhagen: Polisie skiet ‘verdagte’ dood na twee dodelike aanvalle
Die polisie in Kopenhagen in Denemarke het Sondagoggend ʼn man doodgeskiet nadat twee mense in afsonderlike voorvalle in ʼn kafee en ʼn sinagoge doodgeskiet is.
Man vas na hy glo eksmeisie aanrand, verkrag
ʼn 23-jarige man is in Willowvale in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie aangerand en verkrag het.
Sewe gedood deur weerlig in KZN
Sewe mense is dood en vier ernstig beseer nadat hulle Saterdag deur weerlig getref is in KwaZulu-Natal.
HSBC probeer publisering van SA-name keer
Die bankreus HSBC het die Sunday Times glo gedreig en geëis dat inligting oor ryk Suid-Afrikaners wat R23 miljard in geheime bankrekeninge in Switserland het, vernietig moet word.
Beurtkrag word Sondag toegepas
Eskom het bevestig dat beurtkrag ook Sondag toegepas sal word weens die stelsel wat steeds onder druk verkeer.
Gedagte vir die dag: Moenie jou hart verhard nie
Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege en negentig daar in die bergveld laat staan en die een wat weg is, gaan soek nie? (Matt 18:12)