River Café, ʼn gewilde restaurant in Potchefstroom, was Sondagmiddag in vlamme gehul.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Januarie 2016
Brief vertel hoe boelies tiener dryf tot selfmoord
ʼn Brief waarin ʼn Amerikaanse man vertel hoe sy 16-jarige broer vir jare deur boelies afgeknou is voordat hy uiteindelik Maandag sy eie lewe geneem het, word tans wyd op sosiale media versprei.
[Video] Vyf beseer toe winkelsentrum se dak ineenstort
Vyf mense is beseer toe ʼn gedeelte van die dak van die Key West-winkelsentrum in Krugersdorp in die weste van Johannesburg Saterdagmiddag ineengestort het.
Oordrag van Zimbabwiese eiendom in Kaapstad ná 6 jaar afgehandel
Die huis in Kenilworth, Kaapstad, wat verlede jaar regsgeskiedenis gemaak het toe dit tydens die eerste eksekusieveiling van ’n Zimbabwiese eiendom in Suid-Afrika vir R3,7 miljoen verkoop is, is Vrydag in die naam van die nuwe eienaar geregistreer.
Parys-boere in aanhouding: ‘Staat hoort in beskuldigdebank’
“Die staat verwag van gemeenskappe wat emosioneel geteister en fisiek gemartel en vermoor word om hulself te beskerm. Hulle boodskap aan boere is: ‘Julle is op jul eie.’ Die boere is op breekpunt.”
Noordwes-ma en dogter (2) saam vermoor
Die polisie is op soek na ʼn man van Noordwes nadat sy vriendin en hul tweejarige dogter Saterdagoggend dood in hul huis gevind is.
Gevangenes skiet bewaarder, ontsnap
Die hoof van korrektiewe dienste in Senekal in die Vrystaat is Vrydag geskiet toe sewe gevangenes uit die tronk ontsnap het.
Nóg ʼn NW-verkeersbeampte vas oor omkoopgeld
Kort nadat ʼn verkeersbeampte Woensdag deur ʼn teenkorrupsie-agent in Klerksdorp vasgetrek is, is ʼn tweede verkeersbeampte van Noordwes Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van motoriste geëis het.
Man vas ná vrou, kleuter se valdood
Die Gautengse polisie het Sondag bevestig dat ʼn 39-jarige man in hegtenis geneem is nadat hy glo sy vrou en kind by die sesde vloer van ʼn gebou in Joubert Park, Johannesburg, uitgestamp en hulle na hul dood geval het.
Drie dood, drie kritiek in trompop-botsing
Drie mense is dood en drie ernstig beseer in ʼn grusame botsing Sondagoggend op die M4 aan die KwaZulu-Natalse Noordkus.
Kroeg by Harties-kabelspoor in brand verwoes
Die bekende uitkykkroeg aan die bo-punt van die Hartbeespoortdam-kabelspoor op die Magaliesberg in Noordwes is Saterdagaand deur ʼn brand in puin gelê.
Seun (6) verdrink in Jhb-swembad
ʼn Sesjarige seuntjie het Saterdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in die weste van Johannesburg verdrink.
Voormalige AbaThembu-koning in hospitaal opgeneem
Koning Buyelekhaya Dalindyebo, voormalige koning van die AbaThembu-volk, is Vrydagaand in ʼn hospitaal in Oos-Londen opgeneem.
Ma, kleuter sterf ná val uit gebou
ʼn Ma en haar vyfjarige dogter is Saterdagaand dood toe hulle ses verdiepings ver uit ʼn gebou in Johannesburg geval het.
Gedagte vir die dag: Verskuif jou grense
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:13)