Brakpan, `n semi-finalis vanjaar in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker, mik aanstaande seisoen selfs hoër as bloot na dié gesogte stukkie edelmetaal.
Alles vir Woensdag 30 November 2016
Hofsaak geskuif oor doodsdreigemente
Konflik tussen strydende bendes het tot gevolg dat ʼn moordverhoor op ʼn geheime plek aangehoor sal word ter wille van die 14-jarige beskuldigde se veiligheid.
Minister van polisie na parlement oor McBride
Nadat strafregtelike aanklagte teen Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), laat vaar is, het Nathi Nhleko, minister van polisie, Dinsdag in ʼn brief aan LP’s gevra dat hulle McBride moet dissiplineer.
Lily-myn: ‘Reddingsoperasies sal hervat word’
Die Lily-myn buite Barberton het Dinsdag gesê die soektog na die oorskot van die drie mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is nadat ʼn skeepshouer nege maande gelede in ʼn reuse-sinkgat geval het, sal binne die volgende ses tot agt maande hervat word.
Luister: Vensterkind
Hy is soos iemand agter ‘n dik eenrigtingruit. Naby, maar tog ver. Hy kyk soms na jou sonder om jou te sien. Jy praat met hom sonder dat hy reageer. Die mooiste seuntjie – ‘n donkerkoppie met ‘n ligte vel, blou ogies en die lieflikste glimlag.
Politieke etikette só geskommel
Die politikus wat die naweek deur die lede van die Franse Republikeine as presidentskandidaat in aanstaande jaar se verkiesing aangewys is, François Fillon, is in die Europese media beskryf as “regs”, “konserwatief” en “liberaal”. Vir Suid-Afrikaanse lesers kan dit teenstrydig klink. Hoe kan iemand sowel konserwatief as liberaal wees?
Werksverliese weens ideologie en ‘gras’ wat in die slag bly
Die kwartaallikse arbeidsmarkstatistieke, wat onlangs deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, toon dat die werkloosheidskoers in Suid-Afrika tot bo 27% gestyg het. Dit beteken dat nagenoeg 9 miljoen Suid-Afrikaners werkloos is.
Gedagte vir die dag: God hou jou in die oog
Die HERE sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees.” Onfeilbare liefde omring húlle wat op die HERE vertrou. (Psalm 32:8, 10, NLV)