Minstens 33 kinders moes laat Saterdagmiddag na hospitale gehaas word nadat hulle glo giftige gasse by ʼn openbare swembad in Johannesburg ingeasem het.
Lees meerAlles vir Saterdag 10 Desember 2016
Man tydens rooftog by restaurant doodgeskiet
ʼn Man is Saterdag tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn restaurant in Bryanston, Johannesburg, doodgeskiet.
[Foto’s] Taxi ploeg deur motorhandelaar
Minstens 21 mense is beseer nadat twee taxi’s in Jan Smutslaan in Johannesburg gebots het voordat een van die taxi’s in ʼn motorhandelaar se perseel ingeploeg het.
Rhodespark-verdagte: ‘Inhegtenisneming deel van komplot’
“My regsverteenwoordiger van die vorige howe het vir my gesê ek is soos ʼn glanspersoonlikheid, want ek is oral in die nuus. Die staat het mense beloon vir my inhegtenisneming en die polisie het bonusse ontvang omdat hulle my vasgetrek het.”
Ses sterf in gru-botsing op N1
Ses mense is Saterdagoggend dood in ʼn gru-botsing op die N1 Suid naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo.
EFF ontwrig Grondwetvieringe
Raadslede en ondersteuners van die EFF het Saterdag probeer om pres. Jacob Zuma se toespraak by die 20ste herdenkingsviering van die Suid-Afrikaanse Grondwet in Gauteng te ontwrig.
SA o.21-hokkiespan spog met eerste oorwinning
Suid-Afrika se o.21-manshokkiespan het sy tweede wedstryd by die Junior Wêreldbekertoernooi in Lucknow, Indië, Saterdag oortuigend 3-1 teen Kanada gewen nadat die span in die eerste ronde teen Engeland verloor het.
Bejaarde man tydens huisroof geskiet
ʼn Bejaarde man is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy en sy vrou Vrydagaand in hul huis deur ʼn onbekende aantal gewapende rowers oorval en die man geskiet is.
Vrou doodgeslaan; man sterf toe hy vlug
ʼn Man is Saterdagoggend dood toe hy van die polisie probeer vlug het nadat hy na bewering sy suster doodgeslaan het.
Bekende sepiester oorlede
“Sy groot teenwoordigheid, goeie hart en onwrikbare positiwiteit het dekades lank ʼn invloed op ons almal gehad en sal vir ewig in die herinneringe van sy talle aanhangers voortleef.”
Zuma: ‘Staatsamptenare moet parlement respekteer’
Pres. Jacob Zuma het Vrydag staatsamptenare en verteenwoordigers van staatsinstansies gemaan om die parlement te respekteer en bereid te wees om rekenskap aan die parlement te gee.
Vrou sterf toe motor deur hek ploeg
“Volgens omstanders op die toneel het die bestuurder glo met ʼn vriend hospitaal toe gejaag nadat hy met ʼn mes gesteek is en toe beheer oor die motor verloor.”
NW-man met pangas doodgekap
Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man naby Rustenburg deur ʼn groep mense met pangas doodgekap is.
Boer op NK-plaas vermoor: Werker het glo gevlug
Die Noord-Kaapse polisie het die naam van die boer bevestig wat Vrydagoggend op ‘n plaas buite Groblershoop glo deur ʼn plaaswerker met ʼn mes doodgesteek is.
Een dood, 14 beseer toe voertuie rol
Een mens is dood en 14 ander beseer nadat twee voertuie in twee afsonderlike ongelukke gerol het onderskeidelik naby Dalton en Port Edward in KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: Dink jy net aan môre?
Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.” ’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. (Psalm 16:2, 6, 11)