Nwexana het gesê die Bellville se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) het die hulp van die publiek in dié verband gevra.
Alles vir Woensdag 5 Julie 2017
[Foto’s en video] Gyselaarsdrama in Kaapstad
ʼn Gyselaarsdrama speel hom tans in die Kaapstadse sakesentrum af.
[Video] Só sorteer jy iets die vinnigste
Verbeel jou jy moet baie vinnig ʼn groot aantal boeke sorteer. Hoe sal jy te werk gaan? Hierdie video ondersoek verskeie tegnieke en verduidelik die beste metode.
GLRU-liga: NWU Pukke oorheers PGU-afdelings
Die NWU Pukke oorheers die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga (PGU), en loop ná Saterdag se kragmetings voor in vier van die vyf afdelings.
Gedig: Toemaar die donker man
“Op die groen voetpad van die horison ver om die aarde skat, stap ʼn ou man wat ʼn oop maan dra in sy hare…” Lees Ingrid Jonker se gedig, “Toemaar die donker man”
Boef kom moses teë danksy flink polisie-egpaar
Die egpaar, wat nie aan diens was nie, het die vrou onmiddellik te hulp gesnel.
Brandstigting glo gevolg van oorlog tussen taxi’s en Uber
“Ons doen alles wat ons kan om te voorkom dat sulke voorvalle plaasvind en om ondersteuning aan die passasiers en bestuurders te bied; ons kan dit egter nie alleen doen nie.”
Man sterf toe bakkie, trok bots
ʼn Man is Woensdagoggend dood tydens ʼn ernstige botsing tussen ʼn bakkie en ʼn vragmotor op die N3 naby die Reitz-afrit in die Vrystaat.
Gemeenskapsteater: “Uit Diep van Donker Nagte”
Verskeie versoeke is oor die jare gerig dat hierdie produksie weer opgevoer moet word. Vanjaar, as deel van die 500-jarige reformasieherdenking van die 16de-eeuse kerkhervorming, word “Uit Diep van Donker Nagte” weer opgediep, afgepoets en ʼn blinknuwe baadjie aangetrek.
Sirië ontbloot groter uitdagings in Midde-Ooste
Dapper leierskap en visioenêre denke is nodig om die konflik in Sirië, maar ook in die hele Midde-Ooste, te ontlont. Die huidige stryd om mag en invloed deur lande van die streek, maar ook van groot wêreldmoondhede, voorspel egter eerder meer as minder konflik.
Ma smeek om hulp vir 5-jarige wat tweede kankerstryd aansê
“Dit breek ʼn ma se hart keer op keer. Hy kan nie skool toe gaan, of saam met ons êrens heen gaan soos na ʼn parkie nie. Enige siektes of kieme kan sy dood beteken. Daarom verstaan ek nie hoekom ons aansoek afgekeur word nie – hy is ʼn jong seuntjie wat net ʼn normale lewe wil hê.”
Dodetal styg in brand by Jhb-gebou
“’n Man het na sy dood gespring nadat die gebou begin brand het.”
NW-boer kritiek ná 6 aanvallers toeslaan
ʼn Boer van Noordwes is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Dinsdagaand deur ses aanvallers op sy plaas buite Brits oorval en geskiet is.
Matriekseun dood in bad gevind
Die gemeenskap van Upington is geruk deur die dood van ʼn geliefde matriekleerder.
Hof sê oor ‘F*** white people’-kunswerk
Die hofstryd tussen die Cape Party en die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad oor die omstrede “F*** white people”-kunswerk het tot ʼn einde gekom.
Hoofpyn? Watwou, Maandag oefen ons weer
Dis ʼn wonderwerk dat meer spelers nie permanente skade opgedoen het van die nagevolge van harsingskudding nie.
[Foto’s] Liefde blom selfs in die as
Daar was níks wat hulle sou keer om steeds ewige trou aan mekaar te beloof nie – selfs nie eens die verwoestende Knysna-brande wat groot dele van hul trouvenue in dié dorp byna in puin gelaat het nie, vertel ʼn pasgetroude egpaar van Noordwes.
Oorsaak van plaasbestuurder se dood bekend
Plaaswerkers het Vrydag op Donald Haasbroek se liggaam in sy badkamer afgekom nadat hy nie vir werk opgedaag het nie.
Briewe uit Bagdad: Die groot verlange
Dis warm en die stof-rook hang so ʼn dik bank oor Bagdad. En vandag verlang ek na baie mense, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Boek: Ratels op die Lomba, die storie van Charlie-eskadron
Dié boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.