Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn gevangene wat buite Polokwane (Pietersburg) uit aanhouding ontsnap het.
Alles vir Donderdag 27 Julie 2017
Vandag se sportnuus
Twee Suid-Afrikaners het gister goud gejaag by Fina se wêreldkampioenskap in Boedapest.
Crusaders hou by wenspan, Chiefs verander twee
Dit was seker een van die maklikste besluite wat die Crusaders-afrigter, Scott Robertson, nog moes neem toe hy sy span gekies het vir Saterdag se Superrugby-halfeindstryd teen die Chiefs in Christchurch.
Khoza aangekla: ‘Hoekom word ek uitgesonder?’
Khoza is Woensdag formeel ingelig oor die stappe teen haar.
Plaaswerker sterf op plaas
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man vir hartstilstand behandel. Noodhulp is op hom toegepas en hy is aan ʼn ventilator gekoppel.
Mans met ongeslypte diamante betrap
Twee mans, albei 25 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ongeslypte diamante in hul besit gevind is.
Terug by die begin – in Noorweë
Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar, bestuurslesse is gemaak vir 17-jariges. Hulle is jonk, energiek, braaf en sien kans vir die lewe. My K-53-dae lê blou agter my.
Man sterf toe kar teen brug bots
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motor teen die betonpilaar van ʼn brug gebots het.
Persoonlike verskansing in onsekere tye – nuwe moontlikhede word bekyk
Diegene wat in Suid-Afrika gewortel is, kan omsigtig en pro-aktief, verskeie nuwe skanse in oorweging neem en stappe doen om hul persoonlike veerkragtigheid te verhoog, skryf Gerhard van Onselen.
Gedagte vir die dag: Dis maar net my persoonlikheid
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is. (Romeine 12:2)