Hy was ‘n tydgenoot van Michelangelo, Raphael en Leonardo da Vinci. En tog, as jong kunstenaar, het hy meer nagelaat as enigeen van hulle. Wat Shakespeare vir die skryfkuns was, was Bernini vir beeldhouwerk, het ‘n kunskenner van hom gesê…
Alles vir Donderdag 3 Augustus 2017
Vandag se sportnuus
Alle oë is op Londen gerig waar die IAAF se wêreldkampioenskap môre begin.
Toe vind ek jou – beleef weer die regstreekse opname
Twee legendes, een verhoog. Karen Zoid en Francois van Coke se “Toe vind ek jou”-konsert is nou op Showmax.
Wees maar bly reël 20 geld nie meer nie
Wanneer rugbyreëls deesdae aangepas en gewysig word, is dit ʼn groot storie.
Vrou hoor haar lot ná huurmoordkomplot
Maria Ferreira (53), ʼn Suid-Afrikaanse inwoner van Ponta do Ouro in Mosambiek, het Woensdag haar lot in die Nelspruit-streekhof gehoor nadat sy haar derde man wou laat vermoor het.
Aftrede: Maak dié aanpassings
Die lewe ná aftrede is jou derde en laaste lewensfase. Daar is baie redes waarom dit die gelukkigste tyd van jou lewe behoort te wees. Maar jy kan dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit sal net gebeur as jy reg beplan het en jouself ten beste daarby aanpas.
Lesersbrief: SAKP se wapen teen die ANC
“Die SAKP se doel met die wrywing en die verkiesing wat hy op sy eie wil instel, is nie om die alliansie inmekaar te laat tuimel nie maar om dit te versterk.”
Vermy vandag dié strate in Pretoria
ʼn Optog deur lede van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) vind Donderdag in Pretoria plaas.
Oudpolisielede kan dalk vervolg word oor Timol-moord
Die laaste persoon wat Ahmed Timol lewend gesien het, het Woensdag gehoor indien hy 46 jaar gelede betrokke was by Timol se dood, kan hy vervolg word vir meineed, sameswering om moord te pleeg en moord.
Die toekoms van Suid-Afrikaanse universiteite bekyk
Prof. Theo Neethling is daarvan oortuig dat baie van ons openbare universiteite moeilike dae tegemoetgaan.
Staking verby by Krugerwildtuin en ander oorde
Lede van die vakbond Hospersa het Woensdag teruggekeer na hul werk by nasionale parke toe ʼn landswye staking vir hoër salarisse tot ʼn einde gekom het.
Die Grondwet: Plegtige akkoord of springplank na groter mag?
Die waarheid is dat die Grondwet inderdaad nié ʼn epogmakende akkoord was nie. Dit was allermins so finaal soos wat geglo en verkondig is. Dis allermins die “finale Grondwet”, soos daar dikwels na die grondwet verwys word. Inteendeel, die gewaande oppermagtige Grondwet is hoogs tydelik en veranderlik, skryf Koos Malan.
Betogings verhoed konstruksiewerk by Noordwes-winkelsentrum
Paaie is afgesper en vroue het hul klere uitgetrek tydens ʼn betoging Woensdag in Tlhabane naby Rustenburg in Noordwes.
Gedagte vir die dag: God sal voorsien
“Ons het nou wel die hout en die vuur,” sê die seun, “maar waar is die lam vir die offerande?” “God sal die lam voorsien, my seun,” antwoord Abraham. So het die twee verder gestap. “Moenie die seun kwaad aandoen nie!” sê die engel. “Nou weet Ek dat jy regtig vir God dien, want jy het selfs jou geliefde seun nie van My weerhou nie.” (Genesis 22:7, 8, 12)