In een van die aanvalle is ʼn man met ʼn moersleutel oor die kop geslaan, terwyl skote tydens ʼn tweede kleinhoewe-aanval tussen die aanvallers en slagoffers afgevuur is.
Alles vir Woensdag 6 September 2017
Tuisfliek van die maand: Katrina
“ʼn Meester-regisseur op sy allerbeste, en ʼn storie wat jou sal laat praat maak van hierdie klassieke rolprent ʼn moet,” skryf Leon van Nierop oor “Katrina”
[Foto’s] ʼn Nóg sterker orkaan op pad na VSA
Die Amerikaanse nasionale weerdiens het Dinsdag gesê die orkaan veroorsaak reeds stormsterk winde van meer as 250 km/h op die see, maar dat winde van sowat 300 km/h verwag word wanneer die orkaan die vasteland tref.
Elvis Blue se nuwe musiekvideo ‘iets anders’
“Die opneem van die video was regtig baie snaaks. Agter die skerms was dit totale chaos gewees.”
Leon van Nierop se resensie: Vaselinetjie
Alhoewel hierdie rolprent eers aan die einde van die maand begin, kan luisteraars en lesers die titel nou reeds aanteken. Dit het onlangs weggestap met die Silwerskermprys as rolprent van die jaar.
Sê nou maar Fitzpatrick het vir Le Roux aan die oor gebyt?
Die skorsing van die Fidjiaanse haker Samu Suguturaga laat ʼn mens onwillekeurig terugdink aan die Springboksvaskopstut Johan le Roux.
[Foto’s] Bekendstelling: Die sewe-sitplek sportnuts-stryd
Mitsubishi Suid-Afrika het verlede Vrydag sy Pajero Sport aan die media bekendgestel. Dié voertuig is al maande in die land, maar Mitsubishi se sompompe het geworstel met wisselkoerse wat net nie in die taai mark kon meeding nie.
Wat jy moet weet oor olyfolie
Koop, proe en berg jou olyfolie só.
Wonderwerkers
Suid-Afrika word geteister deur idees soos radikale transformasie wat al groot dele van die land laat verval het, of witmonopoliekapitaal. Maar die vraag is hoe ’n vernietigende idee gestuit kan word?
Bokke moet lig loop vir Perth se slaggat
Die Springbokke het dit oor die jare heen geleer: Dis nie maklik om ʼn rugbytoets in Perth te wen nie.
Hond versmoor byna toe hy oor grens gesmokkel word
“Ons is geweldig geskok om te sien wat sekere vervoermaatskappye aan diere kan doen om hulle te vervoer. Dit is totaal onaanvaarbaar om ʼn dier in sulke omstandighede te vervoer.”
Twee vas ná kabeldiefstal
Die kabels is uit tonnels gesteel wat onder die strate loop en het ʼn groot deel van Johannesburg in donker gehul.
Man vergeet hy verkoop motor, meld dit as gesteel aan
ʼn Man wat te veel te drink gehad het, en sy motor verkoop het om nog drank te kon koop, het dit die volgende dag as gesteel aangemeld toe sy motor weg was.
Plaaswerkers betoog in Ventersdorp
Die sowat 123 plaaswerkers beweer hulle werk 12 uur per dag sonder enige oortydvergoeding en het geen verlofdae wanneer hulle siek is nie.
Vegter Anderson wou eenvoudig nie bes gee nie
Veggees was die wagwoord en Kevin Anderson se grootste bondgenoot in Dinsdagaand se taai kwarteind teen Sam Querrey by die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows.
Tronkbewaarder met skeerlemmetjie aangeval
Die gevangene was kwaad omdat die bewaarder hom glo nie kom roep het vir ʼn familiebesoek nie.
Gedig: Ek het gaan soek na my eie hart
“Ek het gaan soek na my eie hart…” lees Ingrid Jonker se gedig
[Resep] Bak-sommer-baie-koekies
Almal sal van dié koekies hou.
Briewe uit Bagdad: ʼn Vriend in Sadam se ‘army’
So stuur ek hom van bakboord na stuurboord en weer terug deur blokkades en geweld want ons kliënte soek net die beste van alles. En Amjed hol net en mor niks nie, skryf Koos Greeff uit Bagdad.
Hof vra hoekom hy moet ingryp oor Zuma
“Elke been van die staat het ʼn rol om te speel. Ek wil seker maak dat die hof nie die parlement se verantwoordelikheid oorneem nie.”