Die Blitsbokke moes Sondag uithaal nadat hulle goed begin het om Kanada in die uitspeelplek om die derde plek en die brons medalje met 19-17 te klop in hulle ‘trooswedstryd’ van Wêreldrugby se sewesreeks in die Kaapstad-stadion.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Desember 2017
Suid-Afrikaners kry 39 in Japanse kragmeting
Suid-Afrikaners het in die jongste ronde saam 39 punte in ʼn kragmeting tussen Toyota Verblitz en NTT Docomo Red Hurricanes in die Japanse Topliga behaal.
Centurion: Man kritiek ná botsing
Die bestuurder van die voertuig het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.
PAC wys nuwe leier aan
Narius Moloto is Sondag tydens die Pan Africanist Congress (PAC) se tweedaagse nasionale beleidsvergadering naby KwaMhlanga in Mpumalanga as dié party se nuwe leier verkies.
Dit sal mos nie die Springbokbaadjie goedkoop maak nie
Vergeet van Sondag se halfeind-glips. Die Blitsbokke is Suid-Afrikaanse rugby se grootste bate.
Lugmaghelikopter stort neer: Meer inligting bekend
Die Suid-Afrikaanse weermag het Sondag meer inligting bekend gemaak oor die Oryx-lugmaghelikopter van 22 Eskader wat omstreeks 14:00 op die N1 neergestort het.
Noordwes-vrou vas vir moord op kêrel
ʼn 35-jarige vrou van Noordwes is Saterdag in hegtenis geneem vir die moord op haar 53-jarige kêrel.
Blitsbokke moet nou vir derde plek uitspeel
Suid-Afrika kon, soos verlede jaar, Sondag weer nie op eie bodem met die louere wegstap nie nadat hulle in die halfeind van Wêreldrugby se sewesreeks in die Kaapstad-stadion deur Nieu-Seeland uitgeskakel is.
Ouma, kleinseun ernstig beseer in fratsongeluk
Paramedici het die vrou en haar kleinseun op die toneel behandel en vir hulle pynmedikasie gegee voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is.
Twee vroue verkrag glo ryloper
Volgens die man se verklaring het die vroue ʼn vuurwapen op hom gerig en kort daarna met die motor in ʼn beboste gebied stilgehou waar hulle albei hom verkrag het.
Lugmaghelikopter stort neer op N1
ʼn Lugmaghelikopter het Sondagmiddag op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort.
Meer bekend ná Kaapse leerder (17) in buiteland sterf
Die Wes-Kaapse gr. 11-leerder was een van 32 leerders op ʼn geskiedenistoer. Haar ouers het intussen in Viëtnam aangekom ná die nuus van haar dood.
Seabelo eers sondebok, toe held
Seabelo Senatla was Sondag in die kwarteind van Wêreldrugby se sewesreeks in die Kaapstad-stadion die Blitsbokke die groot sondebok toe twee yslike foute van hom Fidji in beheer geplaas het.
Sassa, Sapo bereik ooreenkoms oor betaling van toelaes
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Sondag ʼn ooreenkoms bereik rakende die uitbetaling van maatskaplike toelaes.
Padveiligheid: Pendel só veilig
Dit was verby in ʼn oogwink. Een oomblik salig in die verkeer en die volgende oomblik op my rug op die N1. Net onder die Allandale-brug. Die pyn was onmiddellik, maar die verwyte het eers later gekom.
ANC maak geskiedenis, sê Dlamini-Zuma
Die ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma het Saterdag tydens ʼn byeenkoms by die Sugar Ray Xulu Stadion in Clermont in KwaZulu-Natal gesê ANC-takke landwyd maak “geskiedenis”.
Vrou ‘erg geruk’ ná man (54) tydens huisroof sterf
Paramedici het die man ondersoek, maar kon niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
Afrikaans is groot: Hier is Minki se ‘breek-my-hart-brief’
Die Afrikaans is groot-bestuur het vandeesweek gesê hy het op groot aandrang besluit om die brief wat Minki van der Westhuizen tydens dié konsertreeks voorgelees het, algemeen bekend te maak.
Waarskuwing: Dié strate in Pretoria gesluit
Meer as 25 strate in Pretoria is gesluit sodat duisende kan deelneem aan ʼn byeenkoms wat oudpres. Nelson Mandela wil gedenk en vier.
Finansiering vir 1 600 onderwysposte dalk gesny
Dit het aan die lig gekom dat die finansiering vir 1 600 onderwysposte gesny gaan word. Skole sal nou tydens die Desembervakansie moet skarrel om planne te beraam oor hoe die pad vorentoe lyk met minder poste en oortollige onderwysers.